Hoërskool Witteberg debatspanne bekroon by Con Spirito
Witteberg debatspanne bevestig hul meesterskap by die Con Spirito Debatkompetisie

Hoërskool Witteberg debatspanne bekroon by Con Spirito


Bethlehem – Hoërskool Witteberg is trots om aan te kondig dat hul debatspanne hul meesterskap by die Con Spirito Debatkompetisie bevestig het.

Witteberg het al sy debatte gewen en die skool het met die meeste podiumplekke geëindig. Die spanne het uitmuntende nasionale ranglysposisies behaal:

  • 2de in Suid-Afrika: Heilene en Inge Meintjes (Juniors)
  • 3de in Suid-Afrika: Gerhard Nel en AJ Erasmus (Seniors)
  • 4de in Suid-Afrika: Lené Labuschagne en Lize Joubert (Juniors)

Hiermee beklee Hoërskool Witteberg die 2de, 3de én 4de plekke in Suid-Afrika – ’n merkwaardige prestasie wat die leerders se talent, toewyding en spanwerk onderstreep.

Hoërskool Wittebergl spreek sy hartlike gelukwensing aan al drie spanne uit en erken die harde werk van elke debatleerder en hul afrigters. Hierdie oorwinnings bevestig Witteberg se plek as ’n toonaangewende debat-instansie in Suid-Afrika.

https://witteberghs.co.za/

Foto’s verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article