Illustratiewe foto
Foto ter illustrasie. Foto: Megan Adendorff

Brand eis vyf strukture in informele nedersetting


Net meer as ‘n week nadat vier mense in Wellington doodgebrand het, het nog ‘n verwoestende brand Maandag (19 Oktober) in die New Rest- informele nedersetting tussen Mbekweni en Wellington uitgebreek.

Die brand het vyf strukture waaronder een formele en vier informele wonings verwoes. Nadat die brand aangemeld is, is Drakenstein-munisipaliteit se brand- en reddingsdienste om 11:53 na die toneel ontbied, aldus Wynand Els, hoof van brand- en reddingsdienste by die munisipaliteit.

Els sê elf inwoners is deur die brand geraak en nooddienste het een inwoner op die toneel behandel. Geen sterftes is aangemeld nie.

Die oorsaak van die brand is nog nie vasgestel nie en word ondersoek.

Noodleniging is ná die voorval aan geraakte inwoners gebied. Munisipale amptenare bepaal nog die inwoners se behoeftes en bied ondersteuning waar dit nodig is, sê Els.

Voorverlede Sondagoggend is een volwassene en drie kinders tydens ‘n brand in die Noordkamp- informele nedersetting dood nadat die informele huis waarin hulle geslaap het begin brand het.

Theresa Simmery (48), haar twee seuns Jayden (6) en Alrenzo (4) en haar vriendin Veronica Heyns se seun Winrico Heyns (10) is in die voorval oorlede.

LEES OOK: Ma moet toekyk hoe vlamme seun neem in huisbrand wat vier se lewe eis

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article