‘n Brand het Dinsdagmiddag Prowell Kombuise langs die R45 in Noorder-Paarl getref. Geen personeel is beseer nie, maar skade is aansienlik.
Vier-en-twintig strukture is Maandag in Wellington beskadig toe ‘n brand uitbreek. Geen beserings is aangemeld nie.
Net meer as ‘n week ná die Wellington-brand wat vier mense se lewe geëis het, het nog ‘n verwoestende brand Maandag (19 Oktober) in die New Rest-informele nedersetting tussen Mbekweni…
Amos van Dyk (69), van die Paarl is Dinsdagoggend (8 September) in Paarl-hospitaal dood nadat hy Saterdag (5 September) by Rusthof-ouetehuis ernstige brandwonde opgedoen het.
Brandbestryders bekamp tans ’n brand in die Bainskloofgebied terwyl die Bainskloofpas steeds ná onlangse oorstromings vir verkeer gesluit bly.
‘n Brand op Paarlberg is met die hulp van drie helikopters geblus te midde van ‘n hittegolf, wat die week uitgebreek het.
‘n Brand wat Dinsdagmiddag (17 Februarie) uitgebreek het by die Huis Andrew Murray (HAM) kinder- en jeugsorgsentrum in Wellington is vinnig gestuit voordat dit verder kon versprei. Karen Petersen, HAM…
Die veldbrand naby Franschhoek brand buite beheer en het versprei ten spyte van brandbestrydingspogings na nog ‘n verwoestende brand vroeër vandeesmaand.
‘n Historiese rietdakhuis in die Paarl het afgebrand weens ‘n wegholveldbrand terwyl brandbestryders daarin geslaag het om ander nabygeleë huise te red.
Terwyl verwoestende vlamme die Paarlvallei verskroei, het Tessa van Leeuwen Boomkamp haar lewe gewaag om hulpelose diere tydens brand te red.