Illustratiewe foto
Foto ter illustrasie. Foto: Paarl Post argiewe

Man in Klapmuts met 55 sakkies tik gevang


‘n Man is Vrydag (16 Oktober) in Klapmuts vir die besit van dwelms in hegtenis geneem. Na bewering is 55 sakkies tik in die man se besit gevind.

Volgens Thembakazi Mpendukana, polisiewoordvoerder, het die polisie in Klapmuts die man gearresteer en hy het Maandag (19 Oktober) op die aanklagte in die landdroshof in die Paarl verskyn.

Veronica Gelant, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Klapmuts, verwelkom die arrestasie en sê die handel en gebruik van onwettige dwelms bly een van die grootste uitdagings in die gemeenskap.

Volgens die GPF dra dwelms by tot huisinbrake, diefstal en geslagsgebaseerde geweld.

Gelant sê die GPF sal voortgaan om die polisie se optrede te ondersteun, straatkomitees te versterk en saam met die departement van maatskaplike ontwikkeling, skole en geloofsorganisasies op voorkoming en jeugprogramme fokus.

Sy sê inwoners moenie die reg in eie hande neem nie, hulle moet die regstelsel toelaat om sy gang te gaan.

LEES OOK: Klapmuts police shortages highlight wider Western Cape crisis

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article