Pa sê kinders mis ma wat van hul seksuele mishandeling aangekla is

Die Atlantis-landdroshof. FOTO: Murphy Roberts
Die Atlantis-landdroshof. FOTO: Murphy Roberts

Pa sê kinders mis ma wat van hul seksuele mishandeling aangekla is


ATLANTIS – “ It was never inside but always on top” is die woorde van ‘n 36-jarige man, die pa van twee minderjarige kinders wat tans in sy sorg is.

Hy het getuig in die voortgesette borgtogaansoek van ‘n ma wat teregstaan op aanklagte van beweerde seksuele mishandeling van haar kinders.

Die pa het getuig dat die kinders hul ma mis en emosioneel sukkel sedert sy in hegtenis geneem is. Die man het aan die hof gesê die kinders, onderskeidelik in gr. 2 en gr. 3 is, ervaar emosionele probleme. Volgens sy getuienis het een van die kinders selfs ’n brief geskryf waarin sy beskryf hoe baie sy haar ma mis.

Die hof het ook gehoor dat die meisie glo probeer het om haarself te verdrink. Daar is nie tydens die getuienis verder oor die omstandighede rondom dié voorval uitgebrei nie.

Tydens ondervraging deur die staat het die pa aangedui dat hy nie met die klagtes teen die beskuldigde saamstem nie. Hy het aangevoer dat hy by die meeste van die betrokke geleenthede teenwoordig was. Volgens hom het die kinders gereeld gekla oor die gejeukery.

Hy het verder getuig dat die meisie volgens hom die ergste deur die beweerde wurmprobleem geraak is, aangesien wurms glo in haar geslagsdele, sowel as in haar rektum, voorgekom het. Die seun het volgens sy getuienis slegs in sy rektum wurms gehad.

Op ’n vraag van die staat oor die gebruik van ’n borsel het die pa verduidelik dat die borsel volgens hom nie in die kinders se rektums ingedruk is nie, maar bloot gebruik is om die wurms “weg te borsel”. Hy het erken dat hy dit nie self probeer doen het nie, omdat dit volgens hom grillerig gelyk het.

Getuienis oor mediese bewyse

Die pa het ook getuig dat die kinders gereeld kliniek toe geneem is, maar dat die wurmstroop wat hulle ontvang het, volgens hom nie gehelp het nie.

Die kwessie van mediese bewyse het tydens die verrigtinge ter sprake gekom toe die staat aan hom genoem het dat daar geen mediese bewyse van ’n wurmbesmetting by die kinders is nie.

In reaksie op ’n vraag van die landdros het die pa gesê hy vind dit vreemd, aangesien die kinders volgens hom die dag ná die ma se inhegtenisneming met wurmstroop en ontsmettingsmiddels by die huis aangekom het. Hy het verder aan die hof gesê dat die maatskaplike werkers hom nooit ingelig het dat die kinders vir ’n mediese ondersoek geneem is nie.

Tydens verdere ondervraging het hy verduidelik dat hy van die medikasie bewus was omdat hy dit die volgende dag aan die kinders moes toedien.

Die pa het ook getuig dat die kinders se ma gereeld gekla het oor die gebrek aan hulp van maatskaplike werkers. Volgens hom glo sy dat dié werkers agter die aanmelding van die verkragtingsake sit.

Die pa het voorts aan die hof gesê hy weet nie waar die kinders vir die 24 uur ná hul ma se inhegtenisneming was nie.

Die borgtogaansoek sal na verwagting Woensdag 28 Oktoer voortgaan. Die pa is versoek om die brief waarin die meisie skryf hoe sy haar ma mis, na die hof te bring.

LEES OOK: Ma sê bewerings van seksuele misbruik van kinders is ’n ‘komplot’

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026
    WeskusNuus E-Edition – 27 Oktober 2026

Gift this article