Die Eilandhuis vir Gestremdes is 'n bekende nie-winsbejagte organisasie in die Weskus. Foto: Danie Hefers
Die Eilandhuis vir Gestremdes is ‘n bekende nie-winsbejagte organisasie in die Weskus. Foto: Danie Hefers

Omstrede Weskus-tehuis kry nuwe bestuur, naam

Die Eilandhuis vir Gestremdes is 'n bekende nie-winsbejagte organisasie in die Weskus. Foto: Danie Hefers
Die Eilandhuis vir Gestremdes is ‘n bekende nie-winsbejagte organisasie in die Weskus. Foto: Danie Hefers

ST HELENABAAI – Volgens Chrisna du Plessis, die uitvoerende hoof van die Siyabonga Huis van Danksegging in Vredenburg, het Siyabonga die bestuur van die Eilandhuis-tehuis amptelik vanaf Dinsdag 1 September oorgeneem.

“Ons is verheug om ’n nuwe hoofstuk vir Siyabonga Huis van Danksegging en die gemeenskap van St. Helenabaai aan te kondig.

“In vennootskap met die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand en Maatskaplike Ontwikkeling het Siyabonga vanaf 1 September 2026 amptelik die bestuur oorgeneem van die fasiliteit wat voorheen bekend gestaan het as Eilandhuis vir Gestremdes in St. Helenabaai.”

Die parkeerarea voor die Eilandhuis in St Helenabaai. Foto: Danie Hefers
Die parkeerarea voor die Eilandhuis in St Helenabaai. Foto: Danie Hefers

Volgens Du Plessis sal die fasiliteit voortaan bekend staan as die St. Helenabaai Residensiële Sorgfasiliteit (St. Helena Bay Residential Care Facility) vir persone met gestremdhede.

“Ons sien daarna uit om voort te gaan om gehalteversorging, waardigheid en ondersteuning aan persone met gestremdhede te bied,” sê Du Plessis.

Sy het ’n beroep gedoen op alle betrokkenes en vrywilligers om voort te gaan om die tehuis te ondersteun.

Die tehuis in die Midwest-woonbuurt in die dorp is ’n residensiële sorgfasiliteit vir individue met ernstige geestelike en fisiese gestremdhede. Dit is in 2005 deur Jimmy Duncan gestig. Hy is in Julie 2024 ná ’n kort siekbed oorlede. Volgens ouers het Duncan se dood ’n beduidende leemte gelaat.

’n Aansoek is onlangs by die hof ingedien vir die beslaglegging en bewaring van onder meer dokumente en mediese rekords by die tehuis.

Dié bevel is einde verlede maand deur regter E. D. Wille toegestaan in die vorm van ’n Anton Piller-bevel en is op 28 Augustus by die perseel in Midwest uitgevoer. Dié betrokke bevel behels egter slegs bewerings, met geen finale bevinding van oortreding of kriminele skuld nie.

Die saak sal voorlopig weer op 7 Oktober vanjaar voor die hof dien.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article