Kameraadskap sonder gelyke gevier saam met Griekwaland-Wes-Rugby-unie se 140 j.

Van die oud-Griekwasrugbyspelers is van links Johan de Villiers, Frikkie de Villiers, Willem Liebenberg, Braam van Straaten, Sarel Pretorius en Philip Fouche.
Van die oud-Griekwasrugbyspelers is van links Johan de Villiers, Frikkie de Villiers, Willem Liebenberg, Braam van Straaten, Sarel Pretorius en Philip Fouche. FOTO: Charné Kemp

Kameraadskap sonder gelyke gevier saam met Griekwaland-Wes-Rugby-unie se 140 j.

Van die oud-Griekwasrugbyspelers is van links Johan de Villiers, Frikkie de Villiers, Willem Liebenberg, Braam van Straaten, Sarel Pretorius en Philip Fouche.
Van die oud-Griekwasrugbyspelers is van links Johan de Villiers, Frikkie de Villiers, Willem Liebenberg, Braam van Straaten, Sarel Pretorius en Philip Fouche. FOTO: Charné Kemp

KIMBERLEY – Die Curriebeker-wenners van 2025, oftewel die Poubloues, het nie net die Leeus verlede naweek geklop nie; oudspelers van die Griekwaland-Wes-Rugby-unie het ook die 140ste bestaansjaar met ‘n reünie langs die veld in Kimberley gevier.

Spelers van oor die land heen, en selfs Engeland, het gekom om hul ou spanmaats te sien en saam gholf en rolbal te speel. Met Saterdag se wedstryd in die Suzuki-stadion het hulle as ‘n groep vooraf ‘n ererondte op die veld geloop en daarna die wedstryd vanaf die pawiljoen van die stadion gekyk.

Die oud-Griekwaspelers loop om die rugbyveld voor Saterdag se wedstryd.
Die oud-Griekwaspelers loop om die rugbyveld voor Saterdag se wedstryd. FOTO: Facebook / Griquas Rugby

Vrydag- en Saterdagaand het die spelers ook bymekaar gekom om saam te kuier.

Johan de Villiers, sameroeper, ondersteun deur Griekwas- permanente personeel en ander vrywilligers wat die naweek gereël het, sê hulle was meer as 200 oudspelers bymekaar.

LEES OOK: Griekwas: Curriebeker-kampioene kry helde-ontvangs in Kimberley

De Villiers het van 1991 tot 1998 meesal senter vir Griekwas gespeel, asook vleuel.

“Ons hoofdoel vir ‘n reünie vir oudrugbyspelers was om die kameraadskap van vroeër jare te herleef en oudspanmaats bymekaar te bring. Ek dink spelers in die professionele era het nie dieselfde kameraadskap en broederskap as diegene wat amateurrugby gespeel het nie. Dit was wonderlik om almal weer te sien en stories te vertel. Ons het eenheid en ware kameraadskap ervaar.”

ʼn Groepfoto van die oud-Griekwaspelers wat Saterdag se wedstryd in Kimberley bygewoon het.
ʼn Groepfoto van die oud-Griekwaspelers wat Saterdag se wedstryd in Kimberley bygewoon het. FOTO: Facebook / Griquas Rugby

Dié wat nog hul sogenaamde destydse slaghuisspanbaadjies het, het dit aangehad al pas dit dalk nie meer nie. Die baadjies is destyds pasgemaak in Kimberley vir elke speler, en die materiaal is uit Engeland ingevoer.

“Die baadjie is en bly ‘n simbool van eenheid.”

Die enigste lid van die span wat in 1970 die Curriebeker verower het wat kon kom, was Gert Scheepers.

“Tos en sy broer Peet Smit se vroue is ongesteld, en Mannetjies Roux en Deneys Vorster het dit ook moeilik gevind om te kom.”

Die eerste reünie is 10 jaar gelede gehou. De Villiers het dit ook georganiseer en sal oor tien jaar dit weer doen.

LEES OOK: Rugby van vroeg deel van haar lewe – gereed vir uitdaging as assistent-afrigter

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article