Die pomponmeisies van die Laerskool Staats in Kimberley.
Die pomponmeisies van die Laerskool Staats in Kimberley. FOTO: Facebook

Laerskool Staats se veiling onder die sterre skep blink geleenthede


‘n Veiling waar op ‘n groot verskeidenheid pakkette gebie kan word, word eersdaags deur die Laerskool Staats in Kimberley ten bate van die skool aangebied.

Dié veiling onder die sterre saam met Staats vind by gesellige vure en in goeie geselskap plaas. Dit dien as geldinsameling vir die skool, ‘n geleentheid om bande te smee en vir die jonger geslag meer moontlikhede te help skep.

Behalwe die veiling en toegang tot die veiling is ‘n driegangmaaltyd en musiek deur Mars by die toegangskaartjie ingesluit. ‘n Kontantlose kroeg sal ook beskikbaar wees.

Pakkette waarop gebie kan word, sluit onder meer in: skaap- en wildkarkasse, fotosessies (enkel, paartjies of familie), ‘n wegbreekaand in ‘n chalet langs die rivier, grimeersessies, een nag se verblyf in ‘n eksklusiewe en-suite gastekamer op ‘n wildsplaas, ‘n diamant ter waarde van R30 000, en ‘n getekende Blou Bul-rugbytrui.

  • Die veiling op Vrydag 24 Julie begin om 18:00 vir 18:30 by Bella Cardi buite Kimberley.
  • Kaartjies kos R4 500 vir ‘n tafel met tien persone.
  • Skakel 083 688 3455 of 072 282 3561 vir meer inligting en om kaartjies te bespreek.

LEES OOK: T20: Eerste Wildeklawer-toernooi vir laerskole dié naweek in Kimberley

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article