Krieketfoto ter illustrasie
Verskeie Noord-Kaapse krieketklubs was die afgelope naweek slaags. FOTO: Unsplash / Ter illustrasie

Klubkrieket | Lions, Tigers en Dragons wys mekaar die tande

Krieketfoto ter illustrasie
Verskeie Noord-Kaapse krieketklubs was die afgelope naweek slaags. FOTO: Unsplash / Ter illustrasie

Die krieketklubs, Upington Lions en Kenhardt, was Saterdag 24 Oktober in ‘n eendagstryd (50 bbe) in Kenhardt slaags en dit was weereens Lions wat die bordjies verhang het.

Kenhardt Northern Lions het eerste gekolf en 72 lopies in 15.5 boulbeurte aangeteken.

Kenhardt Northern Lions en Upington Lions
Die twee krieketspanne, Kenhardt Northern Lions en Upington Lions. Diรฉ groot katte was Saterdag slaags in ‘n eendagwedstryd wat Upington Lions met 9 paaltjies gewen het. FOTO: Nick Pretorius

Franco Swart (6/25 in 4.2 bbe) het soos ‘n Kalahari-stofstorm deur die tuisspan se kolforde gemaai en is soos verlede week weereens as Speler van die Wedstryd aangewys.

Swart, ‘n puik veelsydige speler, is tans skitterend op stryk met die rooi leerbal.

LEES OOK: Upington Lions vermorsel Carltonians met oorweldigende 255-lopie-sege

Lions het die teiken, met net die verlies van Gerrie Pretorius (6) se paaltjie, met gemak gehaal om met nege paaltjies te wen.

Jaco Beukes (41*, 45b) en JP Theron (9*) het tot die einde van die wenteiken voor die penne gestaan. Lions wen met nege paaltjies.

Die krieketspanne van die klubs Upington Dragons (in pienk) en Keimoes Tigers
Die krieketspanne van die klubs Upington Dragons (in pienk) en Keimoes Tigers het Saterdag sake in hul jaarlikse ontmoeting om die Freedom Cup uitgespook. Dragons het 156 lopies in hul beperkte 20 boulbeurte aangeteken. Hiervan het Dean Mouton 24 lopies van 30 balle aangeteken. Itumeleng van Tigers het met skitter-boulwerk 5/48 laat spat. Tigers is vir ‘n skamele 64 lopies uitgeknikker. Andrรฉ Williams was goed op dreef en het 4/25 met akkurate boulskofte geneem. Dragons wen met 92 lopies. FOTO: Nick Pretorius

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article