UPINGTON – Die ZF Mgcawu-eendagreeks (50 boulbeurte) het Saterdag 17 Oktober amptelik begin met ‘n baie eensydige wedstryd tussen Carltonians en Upington Lions.
Diรฉ eendagstryd het op Laerskool Upington se krieketveld in ideale weersomstandighede plaasgevind. ‘n Algehele kolfineenstorting deur die Carltonian-kolforde het daartoe gelei dat Lions sy eerste wedstryd verspot maklik met ‘n tamaai 255 lopies gewen het.
Die wenspan het nรก ‘n swak begin homself goed reggeruk om op ‘n kolwersparadys 293 (almal uit) in slegs 39.1 boulbeurte op te stapel.

Carltonians het die loot gewen en besluit om veldwerk te doen. Hulle het Lions se aanvangskolwers, John Longland (10) en die ervare Jaco Beukes (16), vroeg na die kleedkamer laat terugstap. Op 32/2 was Lions met die rug teen die muur.
Dit was egter die 31-jarige veelsydige Franco Swart (53, 38b, 5ร4, 4ร6) en JP Theron (52, 43b, 5ร4, 4ร6) wat met ‘n skitterende 100-vennootskap die boulers van Carltonians mismoedig gehad het. Elrich Cloete (3/53), Gerald Cloete (2/56) en Donnesh Swartz (2/42) het strykdeur hul beste gelewer om diรฉ twee in toom te hou. Hulle het in die laaste vyf boulbeurte met akkurate boulwerk ‘n groot aanslag van Lions gefnuik.
Nielbert Kitching (11), SJ Becker (5), Hein Stasch (2) en Hanco von Abo (9) kon egter nie voortbou op Swart en Theron se vennootskap nie.

Carltonians was vroeg in hul jaagtog na die teiken van 294 lopies op die agtervoet nadat hul aanvangspaar Kyle van Wyk en Danwill van Rooi en die nr.3-kolwer Emille Matroos almal vroeg moes terugstap sonder enige lopies op die telbord. Die enigste kolwer wat dubbelsyfers kon behaal was Deshwin Swartz wat 19 lopies van 27 balle aangeteken het. Dit het vier viere ingesluit.
Lions se Franco Swart (6/10 in vier boulbeurte) het groot verwoesting onder die Carltonian-kolflys met sy blitsige wip-en swaaiballe gesaai.
LEES OOK: Australia follow on as Jansen rips through batting line-up
Carltonians is in ‘n blitzkrieg van 8.4 boulbeurte almal teruggestuur paviljoen toe. Die span kon net 38 lopies bymekaarskraap om aan Lions ‘n oorweldigende sege van 255 lopies te gee.
Franco Swart is as die Speler van die Wedstryd aangewys.
Dit is terug tekenbord toe vir die beleรซrde Carltonian-span wat eerskomende Saterdag hom sal moet regruk vir sy tweede kragmeting met Duineveld.







You must be logged in to post a comment.