“Basements had always intrigued Dale. He thought a man could be summed up by what was kept in his basement. He descended the stairs with a mischievous smile, imagining what he’d find. Maybe some dead bodies in a large freezer, or a neighbour decomposing in a bathtub full of lye. He gleefully rubbed his palms together in anticipation as he continued to step down the stairs.” – Jasun Ether, The Beasts of Success
Familienavorsing is ‘n skattejag, met sekere gevolge. Ure voor die rekenaar, koppies en koppies tee, en frustrasie wanneer jy teen mure vasloop, vrae wat maal.
Wie was dié ene se voorouers, is die inligting beskikbaar en betroubaar? Hoe rangskik jy die massas inligting om dit maklik in ‘n doolhof te vind?
Hier kry jy ‘n geboortesertifikaat of doopsertifikaat, daar ‘n trousertifikaat.
LEES OOK: Nostalgie ontwaak met die ooptrek van kombuislaai
Teen dié tyd het jy al ‘n paar stories gehoor. Van die oom wie se ma hulle gewaarsku teen die bittereinder-oupa se vloekery en haat jeens enige Brit of iets wat Engels klink.
Die oom wat by talle van sy sibbe se huise verbied is weens sy liefde om tjekboeke te gaps.
Kinders wat glo aangeneem is, kinders wat kort ná troues gebore is, soos dit mos maar met die mens gaan.
Dan doen jy ‘n guns vir ‘n vriendin om haar pa te soek wat kort ná haar geboorte van haar ma geskei is. Miskien kan ek help met antwoorde oor hoe hy gelyk het, wat hy later in sy lewe gedoen het, waar hy gebly het, of hy weer getrou en nog kinders gehad het. Het sy halfsibbe, het sy niggies en nefies?
Mag ‘n mens geraamtes uitkrap, of wat as jy verkeerde afleidings maak oor hoe iemand se lewe later verloop het? Want vergange mense het nie net in dokumente geleef nie.
- Lees nog rubrieke en meningstukke hier.





