
Wanneer ‘n mens om ‘n draai op sewe bakoorjakkalse afkom, kan jy jou oรซ nie glo nie.
Skrikkerig, maar baie nuuskierig, het vyf tussen die gras op die Rooifontein-wildsplaas net buite Kimberley verdwyn, net om weer te verskyn en nog ‘n bietjie te kyk. Intussen het een rustig bly lรช om die tweevoetiges te bekyk, terwyl nog een ondersteuning in die kykery gebied het.
Bakoorjakkalse met ‘n “gesigsmasker” wat aan ‘n wasbeer herinner, is bekend vir hul groot ore soos die Engelse naam, “bat-eared fox”, ook aandui. ‘n Streeksnaam is “draaijakkals” omdat hulle selfs in volspoed van rigting kan verander sonder om spoed te verloor.
Die bakoorjakkals is die enigste van sy soort wat byna uitsluitlik insekte vreet en sy groot ore help om die insekte te hoor. Ongeveer 80% van ‘n bakoorjakkals se dieet bestaan uit termiete en miskruiers – met hul fyn gehoor kan hulle selfs hoor wanneer miskruierlarwes uit misbolle uitbroei.
Hulle is gaande oor termiete en een bakoorjakkals verorber ongeveer 1,15 miljoen termiete per jaar. Bakoorjakkalse kom in ongeveer tien lande in Afrika voor.






You must be logged in to post a comment.