Driejarige se liggaam begrawe gevind, man verskyn in hof in Kimberley

Driejarige se liggaam begrawe gevind.
Die liggaam van ‘n driejarige kind, wat as vermis aangemeld is, is begrawe gevind.

‘n Verdagte, ‘n 25-jarige man, verskyn vandag in die Galeshewe-hof nadat die liggaam van ‘n driejarige seuntjie Woensdag 22 April in die Galeshewe-woongebied in Kimberley gevind is.

Volgens adjudant-offisier Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, is die kind Dinsdagaand omstreeks 21:08 as vermis by die Galeshewe-polisiestasie aangemeld.

‘n Span bestaande uit lede van die Galeshewe-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), Galeshewe sigbare polisiëring, Kimberley vlieënde eskader en die Kimberley K9-eenheid, is onmiddellik ontplooi om na die kind te soek.

Ná ‘n soektog van bykans 20 uur is die kind se liggaam omstreeks 15:40 in die agterplaas van een van die sinkhuisies in die gebied ontdek waar dit begrawe is.

Die verdagte is daarna in hegtenis geneem en verskyn in die Galeshewe-hof, wat in die Kimberley-hofgebou sit.

Die Galeshewe FCS-eenheid se ondersoek duur voort, sê Shemane.

LEES OOK: Jarelange werker aangekla van moord op perdeafrigter by renbaanperseel

LEES OOK: Burden grows of closure of Galeshewe’s court building

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article