Vermy ingewikkelde maaltye en vuil skottelgoed met dié eengereg-hoender-en-rys-kasserol. Hierdie maklike resep gooi alles in een pan vir ‘n moeitevrye aandete-oplossing. Sappige hoenderdye word gemarineer in ‘n mengsel sterk speserye voordat dit saam met rys, groente en sous gebak word.
Die gevolg? ‘n Geurige en vertroostende kasserol wat perfek is vir besige weeksaande of informele byeenkomste.
Bestanddele
Vir die hoender:
- 6 hoenderdye sonder vel en been
- 45 ml (3 eetlepels) olyfolie
- 15 ml (1 eetlepel) gerookte paprika
- 15 ml (1 eetlepel) knoffelpoeier
- 10 ml (2 teelepels) komyn
- 10 ml (2 teelepels) origanum
- Sout en peper na smaak
Vir die rys:
- 15 ml (1 eetlepel) botter
- 15 ml (1 eetlepel) olyfolie
- 1 groot ui, fyngekap
- 2 knoffelhuisies, fyngekap
- 125 ml (½ koppie) gemengde soetrissies, in klein blokkies gesny
- 10 ml (2 teelepels) tiemie
- 10 ml (2 teelepels) origanum
- 125 g sampioene, in skywe gesny
- 375 ml (1 ½ koppies) rys
- 750 ml (3 koppies) warm hoenderaftreksel
- Sout en peper na smaak
Metode
1. Verhit oond vooraf tot 180 ˚C.
2. Voeg die hoenderdye, olyfolie, gerookte paprika, knoffelpoeier, komyn, origanum, sout en peper saam in ‘n groot bak.
3. Meng totdat die hoender eweredig bedek is. Sit eenkant terwyl jy die res voorberei sodat die hoender in die speserye kan marineer.
4. Voeg al die bestanddele vir die rys in ‘n groot oondvaste bak by en meng totdat dit goed gemeng is en die warm aftreksel die botter smelt.
5. Plaas die hoenderdye in die bak tussen die rys en bedek met foelie.
6. Bak vir 20 minute, haal die foelie af en bak vir ‘n verdere
20-25 minute totdat die hoender bros en die rys gaar is.
Sit warm voor en geniet.
Bron: Spekko



