John Block en ander oud-hooggeplaastes se korrupsiesaak sleep voort

John Fikile Block,
John Fikile Block, voormalige LUR vir vervoer, paaie en openbare werke en ook voormalige Noord-Kaapse ANC-leier. FOTO: Charné Kemp

John Block en ander oud-hooggeplaastes se korrupsiesaak sleep voort

John Fikile Block,
John Fikile Block, voormalige LUR vir vervoer, paaie en openbare werke en ook voormalige Noord-Kaapse ANC-leier. FOTO: Charné Kemp

KIMBERLEY – Die uitgerekte korrupsiesaak waarin John Block, voormalige provinsiale ANC-leier, en ander oudhooggeplaaste amptenare van knoeiery met die bou-werk van die psigiatriese hospitaal buite Kimberley aangekla word, haak steeds in die voorverhoorfase vas, met die verhoor wat nog ver in die toekoms lê.

Op Vrydag 4 September is voorstelle in die hooggeregshof in Kimberley oor hoekom sekere aansoeke om hul vervolging te staak teruggetrek gaan word, en hoe ander sal voortgaan, dit nog voordat die verhoor eers begin het.

Intussen het sekere beskuldigdes ook hul regsverteenwoordigers vervang.

Aangeklaagdes – van wie sommige al in 2023 aangekeer is – sluit in John Fikile Block, voormalige LUR vir vervoer, paaie en openbare werke en voormalige Noord-Kaapse ANC-leier (wat op parool is vir ‘n onverwante bedrogsaak); voormalige departementshoofde soos Patience Mercia Mokhali, Motlalepula Elias Selemela, en Ruth Palm, Babereki Consulting Engineers CC en sy direkteur Tshegolekae Motaung.

Die ander is Lourencia Crause, Louis Adriaan van Niekerk, Monyahi Winston Modisa, en Edward Charles Pullen Petzer in persoon en as direkteur van Strabismis Trading (Pty) Ltd, wat in fidusiêre hoedanighede aangekla word.

Die beskuldigdes staar klagtes van bedrog, korrupsie, geldwassery en die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur (PFMA) in die gesig.

LEES OOK: Kimberley Mental Hospital corruption case transferred to high court

Monyahi Winston Modisa is een van die aangeklaagdes.
Monyahi Winston Modisa is een van die aangeklaagdes in verband met die bou van die hospitaal. Hy werk deesdae by die Sol Plaatje-munisipaliteit.

Kernfasiliteite gesluit weens onbruikbaarheid

Die bou van die hospitaal het in 2005 begin met ‘n aanvanklike begroting van R297 miljoen.

Dié begroting het uiteindelik tot miljarde rande opgeskiet weens herhaaldelike vertragings, swak vakmanskap, onreëlmatige verkrygingsprosesse en die herhaaldelike verandering van kontrakteurs.

Die finansiële nadeel vir die staat word nou op meer as R88 miljoen beraam, wat tot bykomende korrupsieklagtes teen al die beskuldigdes gelei het.

Die hospitaal is eers ses jaar gelede teen R2 miljard voltooi.

Dié saak volg ook ná die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se verslag oor die krisis by die hospitaal.

Die MRK het bevind dat ‘n “sistemiese en wydverspreide” krisis die hospitaal in ‘n toestand van gevorderde “infrastrukturele verval” en operasionele verlamming gelaat het.

Dit het die pasiënte se grondwetlike regte op waardigheid, veiligheid en lewe geskend.

Kernfasiliteite soos die apteek, wassery en lykshuis moes reeds gesluit word omdat dele van die hospitaal feitlik onbruikbaar is.

Die voorverhoor is tot 5 November uitgestel, en die aansoeke om ontslag word op 23, 24 en 27 November aangehoor.

LEES OOK: Konstruksiestof warrel op: Nog ses in hof oor toegekende hospitaaltender

Ruth Palm, die eertydse departementshoof van vervoer, paaie en openbare werke in die Noord-Kaap.
Ruth Palm, die eertydse departementshoof van vervoer, paaie en openbare werke in die Noord-Kaap, is een van die aangeklaagdes. FOTO’S: Charné Kemp

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article