Youth Council Advisory
Delecia Davids​, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit van opvoedkunde, verlede Vrydag (10 Julie) tydens die bekendstelling van die Youth Council Advisory. Foto: Yaël Malgas

Leerders by eerste jeugraad-sessie in Stellenbosch byeen

Youth Council Advisory
Delecia Davids​, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit van opvoedkunde, verlede Vrydag (10 Julie) tydens die bekendstelling van die Youth Council Advisory. Foto: Yaël Malgas

Leerders van Jamestown tot Langebaan het deel van hul skoolvakansie afgestaan om aan die eerste Youth Council Advisory-sessie deel te neem.

Dié jeugraad-program is deur Delecia Davids​, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se fakulteit van opvoedkunde, van stapel gestuur nadat sy vele interessante gesprekke om die etenstafel met haar jonger sibbe gehad het.

“Ek het gedink dit kan sekerlik nie net my jonger broer wees wat sulke interessante gedagtes en standpunte het nie. En van daar het die idee gekom om by jongmense te hoor wat is die sake waaroor hulle omgee, wat hulle kwel en wat hulle dink van die wêreld waarin ons leef,” het Davids op Vrydag 10 Julie by die bekendstelling van die sessie verduidelik.

LEES OOK: Wynland-leerder gee jeug ‘n stem as deel van Wes-Kaapse Jeugparlement

Youth Council Advisory
Die span en leerders van die eerste Youth Council Advisory, wat deur Delecia Davids van stapel gestuur is. Foto: Yaël Malgas

Aktiewe deelnemers

Leerders van onder meer die Hoërskool Stellenzicht, Hoërskool Lückhoff, Curro Langebaan, Hoërskool Malibu en die Tegniese Hoërskool Delft het die afgelope naweek byeengekom vir die geleentheid.

“Onderwys is nie net ‘n hulpmiddel vir jongmense se toekoms nie; dit gaan ook daaroor om aan jongmense die selfvertroue te gee om hul eie toekoms te vorm.

“Só is hulle nie net toeskouers nie, maar aktiewe deelnemers aan hul eie lewensreis. Dit is waarom vandag so spesiaal is – hierdie is ‘n platform waar jul ervarings, menings en stemme werklik saak maak,” het Davids verduidelik.

Dit was tydens ‘n uitreik by die Hoërskool Vredenburg in die Weskus dat Davids besef het vele leerders het nie ‘n grootmens wat hulle vertrou om advies van te kry nie. Vir baie jongmense het die internet en tegnologie die entiteit geword na wie hulle draai.

 Youth Council Advisory
Prof. Jonathan Jansen praat met die leerders tydens die sessie. Foto: Yaël Malgas

Gryp geleenthede aan

Dus is dit geen verrassing dat dat kuberveiligheid en ­kunsmatige intelligensie onder die onderwerpe is wat die leerders wou bespreek nie.

“Ek sien uit om te gesels oor hoe tegnologie ons lewe beïnvloed en hoe tegnologie onderrig ‘n beter ervaring kan maak. Natuurlik is daar ook die onderwerp van grootmense wat nie oop is vir tegnologie nie en hoe ons hulle kan help om dit beter te verstaan,” het Chloë Davids, gr. 11-leerder van die Tegniese Hoërskool Delft, verduidelik.

As deel van die verrigtinge het prof. Jonathan Jansen ‘n paar woorde met die leerders gedeel. Hy het die jong mense aangespoor om geleenthede met twee hande aan te gryp.

LEES OOK: Stellenbosch’s Junior Town Council to make mark

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article