STELLENBOSCH – Die benoemings vir die Toyota Stellenbosch Woordfees se Woordtrofees-toekennings vir vanjaar is bekend, met die wenners wat op Maandag 2 November by ’n geleentheid in Stellenbosch aangekondig sal word.
Die Woordtrofees vereer jaarliks kunstenaars wat uitnemend by die fees, wat van Saterdag 3 tot Sondag 11 Oktober aangebied is, presteer het. Die wenners ontvang elkeen ’n oorkonde en prysgeld.
Dr. Mareli Pretorius, sameroeper van die Woordtrofees-paneel en voorsitter van die Universiteit Stellenbosch (US) se dramadepartement, sê die goeie gehalte van werk op vanjaar se program was opmerklik, ten spyte van die finansiële uitdagings wat die bedryf in die gesig staar.
“Dit was opvallend dat meer as die helfte van die toneelaanbiedings in 2026 een- of tweepersoonvertonings was – ‘n fenomeen wat ten dele (heel moontlik grotendeels) toegeskryf kan word aan die finansiële uitdagings binne die uitvoerende kunste. Die werk was egter deurgaans van baie hoë gehalte en by verskeie kategorieë het ons lank gestoei om by ’n kortlys uit te kom,” sê Pretorius.
LEES OOK: Reguit balke toe op gewilde Toyota Musiekfees in Stellenbosch

Verstom oor gehalte
Jo-Ann Floris, redaksielid van die Woordfees se onafhanklike INK-feeskoerant, deel ook dié gehalte-indruk. “Die Toyota Stellenbosch Woordfees is vir my jaarliks die standaard waaraan feeste maar gerus gemeet kan word. Vanjaar was geen uitsondering nie, en ek het ná omtrent elke vertoning uitgestap in verstomming oor die gehalte van produksies en veral die uitstaande akteurs en dramaturge in die land,” sê Floris.
“Daar was hier en daar produksies wat skaafwerk nodig het, beslis, maar die res van die aanbod het daai gaping briljant gevul. Ek moet my waardering noem vir die verskeidenheid en erkenning vir die verskillende vorme van kuns en kultuur in ons land.”
Pretorius voeg by: “Dit was opvallend hoeveel produksies op elke vlak oortuig het: as teks, in die regie, in die spel en in die ontwerp. Die feit dat Atropa, FaustX en Moffie in soveel kategorieë benoem is, getuig daarvan.
LEES OOK: Toyota Stellenbosch Woordfees: Toneelstuk kyk deur ‘queer’ oë na lewe

Die benoemings is:
Beste opkomende kunstenaar: Toyota Musiekfees, Dans, Spier Toneel:
- Dawn Fisher – Boerlesque
- Sibabalwe Gobe-Gysman – Awaken & Siba Gysman Project
- Chloë Loggenberg – Maurice Ravel: L’Enfant et les sortilèges; Operagunstelinge III
- Graigan Mentoor Papier – Jazz at the Konserve: Papier Family Band
- Melusi Shandu – Mozart to Verdi: Two Faces of Opera
- Mila Sobolewski – Glimpse
- Kristi Steyn – As die mooi aan ons haak
- Vihann van Rooyen – Markus (en die brandblusser op die derde verdieping
Uitsonderlike tegniese bydrae:
- Brett Bailey – ontwerp: FaustX
- Wolf Britz – ontwerp: Die ander dogter
- Brydon Bolton, Njabulo Phungula, Inge Beckmann – musiek: autoplay
- Charl-Johan Lingenfelder – klankbydrae: Moffie, An Iliad, Twee siele, een omhelsing, ge-gebergtes
- Janine Neethling en span – tegniese versorging: Amanda Strydom: Sewentig, nog lewendig
Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: klein groepe
- Karin Hougaard: Kaalvoet – Karin Hougaard, met Luke van der Merwe en Leon Ecroignard
- Liedjies van Laurika – Daniel Anderson, Paul Ferreira
- Meesters en meltdowns – Lucinda Rosa Bosch, Wesley van der Westhuizen
- Plektrum – Mauritz Lotz, Schalk Joubert, Anjulie Nock, Peter Auret
- Zoid: Spawn – Karen Zoid, Ben Francis, Anton Eloff
Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: groter groepe
- Amanda Strydom: Sewentig, nog lewendig – volle geselskap
- Prima! – Dean Balie en Bianca Flanders, met Ramon Alexander en die US-blaasorkes, en ander
- Ramon Alexander-trio & Buddy Wells – Buddy Wells, Ramon Alexander, Adam Fredericks, Annemie Nel
- Wie is Bernoldus Niemand? – VOLK: Frank Freeman, Dillon Myburgh, Mika Burger, André Hough, Duncan Johnson
- Awaken & Siba Gysman Project – Sibabalwe Gobe-Gysman, Melisizwe Plaatjie, Malibongwe ‘Pizzo’ Magatyana, Ezra Smuts, Esihle Valela, Jayden Harebottle, Henco Bester, Athule Tshiwula, Julia Madison Theron, Sinelizwi Miza
Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: instrumentaal
- Claude Bolling: Suite vir fluit en jazz-trio – Charl du Plessis, Peter Auret, Werner Spies, Malané Hofmeyr-Burger
- Gioioso Piano Quartet: Hofmeyr, Mozart & Schumann – Suzanne Martens, Maya Egashira, Peter Martens, José Dias
- Shades of Blue – Liesl Stoltz, Dylan Tabisher, David Cyster, Roxanne Steffen, Elna van der Merwe
- Wind, Earth & Fire – Ralitza Macheva, Shannon Cook, Azra Isaacs, Rosamund Roth, Féroll-Jon Davids
- Cellissimo: KFO-tjellosekstet – Peter Martens, Eddie McLean, Rosamund Roth, Matthias Remley-Ender, Dane Coetzee, Ashlin Grobbelaar
Uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek: innovasie
- Gioioso Piano Quartet: Hofmeyr, Mozart & Schumann – Suzanne Martens, Maya Egashira, Peter Martens, José Dias
- Juliet String Quartet: Playlist – Annien Shaw, Matthew Campbell-Stead, Azra Isaacs, Babette Roosenschoon
- Stadskoor: Soekenjin – Stadskoor | -Choir | -iKwayara
Beste dans-gedrewe produksie
- autoplay – Darkroom Contemporary, met regie en choreografie: Louise Coetzer
- Glimpse – Alyssa Jacobs, Kalene Sybil Botha, Mila Sobolewski, Nolwandle Makombe, Anlia Marais
- The Reservation – Figure of 8 Dance Theatre, met regie: Grant van Ster, Buhle Ngaba
- Twee siele, een omhelsing – Shaun Oelf, Ramsey Devin Lewis, Craig Katts, met regie: Ina Wichterich
Beste kinderteaterproduksie
- Kattekwaad en koekeloer – Mia Groenewald, Ané Lourens, met regie en choreografie: Estelle Olivier
- Liewe Heksie word gescam – Eldon van der Merwe, Mia van der Merwe, met regie: Margit Meyer-Rödenbeck
- Middel: Noord & Suid – Aidan Davies, Lukhona Mkunyana, met regie: Amelda Brand
- Stinkie, los uit! – Sjaka S. Septembir
- Zonkie en die laaste boomhuis – Cindy Swanepoel, met regie: Anèl Wood
Beste byspeler: manlik
- Joshwin Dyson – My kind druip
- Gantane Kusch – Crybaby
- Geon Nel – Vlindervry
- Wian Taljaard – Crybaby
- Eldon van der Merwe – Liewe Heksie word gescam
Beste byspeler: vroulik
- Roeline Daneel – Atropa
- Nicole Holm – Crybaby
- Rolanda Marais – Atropa
- Daneel van der Walt – ge-gebergtes
- Dawn Fisher – Boerlesque
Beste speler: manlik
- Stian Bam – ’n Middel
- Carlo Daniels – Eugene
- Albert Pretorius – Elke briljante ding
- David Viviers – Moffie
- Vihann van Rooyen – Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)
Beste speler: vroulik
- Bianca Flanders – Karamonk
- Carla Smith – Atropa
- Anna-Mart van der Merwe – Atropa
- Tinarie van Wyk Loots – ’n Middel
- Sandra Prinsloo – Die ander dogter
Beste ensemble
- Atropa
- FaustX
- ge-gebergtes
- Wie call die shots?
Beste teks (nuutgeskrewe of verwerking)
- Eugene – Saartjie Botha (na die roman deur Kirby van der Merwe)
- FaustX – Brett Bailey
- Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) – Vihann van Rooyen
- Moffie – Philip Rademeyer (na die roman deur André Carl van der Merwe)
Beste regisseur
- Brett Bailey – FaustX
- Marthinus Basson – Atropa
- Greg Karvellas – Moffie
- Cintaine Schutte – ’n Middel
- Lara Foot – Die ander dogter
Beste produksie: komedie
- Crybaby
- Elke briljante ding
- Markus (en die brandblusser op die derde verdieping)
- My kind druip
Beste produksie: drama
- Atropa
- Eugene
- FaustX
- Moffie
Fees-begeester
- Amalia Uys
- Andrea Hurter
- Carla Venter
- Jean-Marié Stander
- Lise van Schoor
Ander pryse wat by die toekenningsfunksie aangewys word:
- EasyEquities Skrywersfees in die genres fiksie, poësie, niefiksie en leefstyl
- Beste joernalis van die INK-feeskoerant
- Martie Retief Meiring-prys
- Feesheld
- Woorde Open Wêrelde- opvoeder van die jaar
- Woorde Open Wêrelde- skool van die jaar
LEES OOK: Toyota Stellenbosch Woordfees: ‘Moffie’ kyk na verlede se letsels






You must be logged in to post a comment.