Toyota Stellenbosch Woordfees: Tyd vir Reinet Nagtegaal-skryfprys

Daneel van der Walt en Jefferson J. Dirks-Korkee in Grootmeisie deur Rachelle Greef. Die teks het die Reinet Nagtegaal-teksprys in 2026 gewen. Foto: Nardus Engelbrecht

Toyota Stellenbosch Woordfees: Tyd vir Reinet Nagtegaal-skryfprys

Daneel van der Walt en Jefferson J. Dirks-Korkee in Grootmeisie deur Rachelle Greef. Die teks het die Reinet Nagtegaal-teksprys in 2026 gewen. Foto: Nardus Engelbrecht

Inskrywings vir die gesogte 2027- ­Reinet Nagtegaal-teksprys, die grootste teksskryf­kompetisie in die land, word ingewag.

Die prys word moontlik gemaak deur Law for All en aantreklike pryse is op die spel.

Die wenner ontvang R120 000, mentorskap en ondersteuning met die afronding van hul teks en ‘n moontlike speelvak op die 2027- Toyota Stellenbosch Woordfees se Spier-toneelprogram.

Die tweede- en derdeplekwenners ontvang onderskeidelik R60 000 en R30 000.

LEES OOK: Toyota Stellenbosch Woordfees: Toneelstuk kyk deur ‘queer’ oë na lewe

Huis van Sand
Tinarie van Wyk Loots en Kristen Raath in Huis van Sand op die verhoog van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Die teks deur Dianne du Toit Albertze het in 2025 die Reinet Nagtegaal-teksprys gewen. Foto: Nardus Engelbrecht

Skrywers aangemoedig

“Die ontwikkeling van gehaltetekste vir die verhoog in Afrikaans is ons belangrikste doelwit met die kompetisie,” sê Dirk Nagtegaal, wat die kompetisie in 2002 saam met wyle Reinet Nagtegaal begin het. Die prys is tot 2010 toegeken.

“Daarom het ons in 2024 besluit om in samewerking met die Toyota Stellen­bosch Woordfees nuwe lewe in die inisiatief te blaas. ‘n Mens kan nie genoeg waarde heg aan motivering vir dramaturge om aan te hou skep nie en die uitkomste van die afgelope twee kompetisies spreek vanself.”

Die feesdirekteur, Saartjie Botha, sê die geleentheid is ‘n viering van die woord. “Ons ontvang graag ­inskrywings wat literêre meriete met verhoogmatigheid kombineer. Ons moedig skrywers wat in ander genres skryf, aan om ook hul hand aan ‘n verhoogteks te waag,” verduidelik Botha.

Die eerste twee wenners is onderskeidelik Dianne du Toit Albertze met Huis van sand, en mees onlangs Rachelle Greeff met Grootmeisie, waarna gehore vanjaar kan uitsien. Inskrywings sluit op Vrydag 15 Januarie 2027.

Die inskrywingsvorm, reëls en riglyne is aanlyn by www.woordfees.co.za beskikbaar.

LEES OOK: Toyota Stellenbosch Woordfees: Uitdagings van jong vroue op planke

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article