Ná sy debuut by die KKNK 2026 is Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) op pad na die Toyota Stellenbosch Woordfees!
Die toneelstuk bied ‘n intieme blik op die stream-of-consciousness van ‘n jong queer-man, Markus Benade, terwyl hy die afgelope drie jaar van sy universiteitslewe met die hulp van ‘n brandblusser probeer verwerk.
Die produksie belig temas van verlies, gay-identiteit, liefde en selfliefde. Dit ontbloot die flitsbeelde van Markus se bestaan, die niks-en-niemands wat hy langs die pad ontmoet het en dít wat nog van hom oor is.
LEES OOK: Toyota Stellenbosch Woordfees: ‘Moffie’ kyk na verlede se letsels
Vihann van Rooyen is die brein agter Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) – as skrywer, regisseur en akteur. Hy is ook verantwoordelik vir die musiek, terwyl Jurie Boshoff die verhoogbestuurder is.
Ná die produksie se debut by die KKNK in April was dit ook by die Kaapstad Toneelhuis, EnRoute Kunstefees, Nasionale Kunstefees in Makhanda en in ‘n huiskonsert in Hermanus te sien.
Dit het ook op die Standard Bank Ovation Awards van die Nasionale Kunstefees ‘n Daily Ovation-toekenning ontvang.
Markus (en die brandblusser op die derde verdieping) is komende Saterdag 3 Oktober (20:00) en Dinsdag 6 Oktober (18:30) op die verhoog van die Hoër Meisieskool Bloemhof te sien.
Besoek Quicket vir kaartjies teen R120 elk aanlyn. Kaartjies by die deur kos R150.
LEES OOK: Toyota Stellenbosch Woordfees: Uitdagings van jong vroue op planke





