DA se Helen Zille: ‘Dit is Johannesburg se laaste kans’

Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg. Foto: Per-Anders Pettersson, Getty Images.
Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg. Foto: Per-Anders Pettersson, Getty Images.

Wat is Helen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat in Johannesburg, se hoofonderneming aan Johannesburgers sou sy verkies word?

“Eerlike regering wat basiese dienste voorop­stel en korrupsie uitroei.”

Sy sê dit sluit in:

  • Munisipale finansies stabiliseer deur ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwiste uitgawes hok te slaan.
  • Inkomste afkamp om te verseker dat geld vir die bedoelde dienste aangewend word.
  • Die munisipale rekening­stelsel herstel om die stad se invordering van inkomste te verbeter.
  • Openbare-private-vennootskappe aangaan om munisipale dienste te verbeter.
  • Tenderprosesse deursigtiger maak deur besonderhede oor tendervereistes, uitgeslote bieërs, suksesvolle ondernemings en subkontrakteurs bekend te maak.
  • Water- en elektrisiteitsverliese verminder, veral waar die stad dienste verskaf waarvoor hy geen inkomste ontvang nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos