Wenbrief van die week: Haka? Hokaai!

Die All Blacks tydens hul haka voor die Bok-kragmeting in Baltimore. Foto: Scott Taetsch - World Rugby/World Rugby via Getty Images.
Die All Blacks tydens hul haka voor die Bok-kragmeting in Baltimore. Foto: Scott Taetsch – World Rugby/World Rugby via Getty Images.

Onlangs ná die rugbyprogram op die SuperSport-kanaal is gesê die haka moet gerespekteer word.

Dit moenie doodgeskree, -gesing of -geboe word nie, maar liewer met die kultuur van tromme begroet word, want tromme is deel van ons kultuur, seg Victor Matfield tereg. Die noukeurigheid en uit­voering van dié ritueel is vir my goed om na te kyk.

Die haka kaap ons en alle ander mededingende spanne vir baie jare op dié vlak om ook so iets te doen, want die haka ­staan alleen op dié heili­ge grond. Gedurende dié tyd dat ’n span sy fokus en emosie op hul eie wedstryd moet plaas, moet hulle vrywillig verplig die haka respekteer terwyl hulle daarmee sielkundig geïntimi­deer word?

Aikôna. Die gebruik daarvan het tydloos geword. Vir almal.

Dit behoort nie ander spanne se innovasie te demp onder die vaandel van kultivering of enigiets dergeliks nie. Wat vir die een span geld, moet vir die ander span geld.

Of dit nou boe of ba is.

Daar is wel uitsonderings: Jy boe nie as ’n lid van enige span pale toe mik nie. Die vervyfskop duur binne die spel, terwyl die haka buite die spel is en niks daarmee te doen het nie.

Daar kan nie só vergelyk­ings getref word om ’n geldige redenasie ten gunste van ’n alleenmandaat daarvan te orkestreer nie.

Maar om ook deel van ons gekultiveerdheid, en sigbare steun aan die wêreld en veral die Bokke te beklemtoon, sal die ondersteuners maar die tromme moet laat rammel . . .

“Go Bokke go!”

  • Helen, Meerensee

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos