Police have arrested two suspects in possession 30 unlicensed firearms in Johannesburg.
Die polisie in Worcester ondersoek ‘n moordsaak nadat die lyk van ‘n 51-jarige vermiste man gevind is.

Vermiste man (51) se lyk met steekwonde gevind

Police have arrested two suspects in possession 30 unlicensed firearms in Johannesburg.
Die polisie in Worcester ondersoek ‘n moordsaak nadat die lyk van ‘n 51-jarige vermiste man gevind is.

Die Worcester-polisie het ‘n moorddossier oopgemaak nadat die lyk van ‘n 51-jarige man op Donderdag (4 Junie) omstreeks 10:30 in ‘n oop stuk veld naby Lilly’s Farm in Worcester aangetref is.

Volgens AO Vathiswa Jacobs, ‘n polisiewoordvoerder, het die oorledene ‘n steekwond aan die linkerkant van sy nek, ‘n steekwond in die rug en nog ‘n steekwond in die buik gehad.

Jacobs sê die oorledene was op 31 Mei vanjaar laas lewend gesien toe hy sy huis in OVD by Esselenpark op sy fiets – ‘n pienk en vaalkleurige bergfiets – verlaat het. Hy is Dinsdag (2 Junie) omstreeks 15:50 by die polisie as vermis aangemeld nadat hy nie teruggekeer het huis toe nie.

Volgens Jacobs is die polisie op 4 Junie omstreeks 10:00 ingelig van ‘n lyk wat naby die munisipale watersuiweringsaanleg aangetref is. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle afgekom op die lyk van ‘n volwasse manspersoon wat met sy gesig in ‘n poel water lê.

Jacobs het bevestig dat die oorledene as die van die vermiste persoon geïdentifiseer is.

Twee verdagtes is ook vanoggend in verband met die moord aangekeer.

Enigeen met inligting wat meer lig op die saak kan werp, kan die Worcester-polisie bel by 023 348 8616.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article