‘n Volgepakte Esselenpark-stadion word die naweek in Worcester verwag wanneer altesaam sewe Kersfeeskore eerskomende Sondag in die Cape Country Christmas Union se eerste jaarlikse uniale kompetisie gaan meeding.
Die kore wat sake gaan uitspook, is St. Moses van Zoar, die Crusaders Christmas Choir van Worcester, Loving Shepherds van Slangrivier, Progress van Swellendam, Young Royal Shepherds van Heidelberg, Star of Calvary van Ladismith en Young Coronations van Suurbraak.
Die voorgeskrewe lied is “Holy art Thou“.
Die toegangsfooi is R30 vir volwassenes en vir kinders tien jaar en ouer. Motoriste wat met hul motors toegang tot die perseel wil kry, moet nog R20 betaal.
Die verrigtinge begin stiptelik om 10:00. Die hekke open reeds om 08:00. – Enrico Claassen


