Rioolpype in Hexpark in Worcester was verstop nadat klippe daarin gegooi is. Foto: Breedevallei-munisipaliteit

Klippe wat blykbaar doelbewus in die rioolstelsel geplaas word, besorg die Breedevallei-munisipaliteit hoofbrekens.

Munisipale spanne het onlangs gereageer op klagtes van verstopte rioollyne in die Hexpark-gebied. Hulle het afgekom op die klippe wat blykbaar doelbewus in die pype geplaas is en wat ‘n groot verstopping veroorsaak het.

Die munisipaliteit het gewaarsku dat sulke aksies kan veroorsaak dat riool uitlek. Dit kan ekologiese skade aanrig, eiendom beskadig en hou boonop ernstige gesondheidsrisikos vir die gemeenskap in. Dit plaas ook munisipale infrastruktuur onder groot druk.

Die klippe en ander blokkasies is verwyder. Die munisipaliteit hou die gebied dop om te verseker dat die rioolnetwerk in Hexpark in werkende toestand bly, sonder verdere probleme.

Kontak die kliëntedienslyn by 0860 121212 of stuur epos aan ssc@bvm.gov.za om enige klagte van vandalisme of onwettige storting aan te meld.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article