Brand eis vier informele woonstrukture in Stofland

‘n Verwoestende brand het die afgelope naweek verskeie informele woonstrukture in die Stofland- informele nedersetting in De Doorns in puin gelê.

Brand eis vier informele woonstrukture in Stofland

‘n Verwoestende brand het die afgelope naweek verskeie informele woonstrukture in die Stofland- informele nedersetting in De Doorns in puin gelê.

Altesaam vier informele woonstrukture is Sondagaand (6 September) deur ‘n verwoestende brand in puin gelê. Niemand is in die brandvoorval dood of beseer nie.

Volgens John Bulani, ‘n woordvoerder vir die Breedevallei-munisipaliteit (BVM), het die munisipale noodoproep­sentrum omstreeks 19:35 op die aand van die voorval inligting ontvang. Daar is aangemeld dat verskeie informele woonstrukture van hout en sink in die Stofland- informele nedersetting aan die brand was.

Hy sê twee brandweerwaens en drie voertuie wat vir die bestryding van grasbrande gebruik word, is onmiddellik na die toneel gestuur.

Bulani sê met die brandweerspanne se aankoms op die toneel is hulle begroet deur vier strukture van hout en sink wat aan die brand was.

Volgens hom het die brandweerspanne onmiddellik met brandbestrydingswerk begin.

“Nadat die brand onder beheer gebring is, het brandweerpersoneel opvolgwerk gedoen om enige oorblywende brandpunte te blus en te verseker dat die ­ge­bied veilig is. Die inwoners wat deur die voorval geraak is, is deur lede van die plaaslike gemeenskap gehuisves.”

Bulani sê brandweerspanne het die toneel om 20:41 verlaat nadat die brand suksesvol geblus is. Die polisie ondersoek die oorsaak van die brand.

• In Maart 2022 het altesame 82 informele woonstrukture in Stofland, De Doorns, afgebrand.

• In Maart 2021 het ‘n brand altesaam 60 informele woonstrukture – ook in Stof­land – in puin gelê.

NovaNews WhatsApp channel QR code
Kategorieë:

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article