Brandstofpryse wêreldwyd het ‘n uitqwerking op Suid-Afrikaners. Met pryse wat gister (Woensdag 1 April) gestyg het, het Weskussers hul kommer en denke gedeel:
Pieter de Villiers
Hoe voel jy oor die brandstofprysverhoging?
“Dit voel soms vir my dit raak al hoe erger in vergelyking met die ou dae en vandag se tyd. Diesel is natuurlik ‘n brandstof wat stadiger as petrol verbrand, maar die ou wat die groter bakkie ry, soos ‘n dubbelkajuit, gaan meer betaal as die ou met ‘n kleiner bakkie.
“Vir iemand wat ‘n dubbelkajuit ry, gaan dit maklik dubbel die bedrag kos as wat dit vir my sal kos om in te gooi.
“Hy gaan erger verlies hê, dus sal dit hom twee of drie keer laat dink om ver afstande te ry as iemand wat ‘n kleiner voertuig ry en ver wil ry.”
Dink jy genoeg word gedoen om mense met hierdie verhoging te help?
“Nee. Wel, petrol- en dieselpryse gaan gereeld op en af. Een maand betaal ons minder; dan betaal ons meer. Dit bly nooit dieselfde nie. Met alles wat altyd opgaan en die rentekoers, ensovoorts, raak dit nie sommer makliker nie. Die oorloë in die wêreld maak dit ook nie makliker nie. Al hoe mense gehelp gaan word, is deur gebed en wonderwerke.”
Hoe gaan dit jou daaglikse lewe beïnvloed?
As brandstofpryse so styg – natuurlik gaan ‘n mens minder moet ry en meer gebruik moet maak van Checkers Sixty60 of Pick ‘n Pay se scooters, maar hulle ry self ook op brandstof en nie water nie. ‘n Mens moet inkopies doen, en dan nog koste van aflewering ook. Dis waar elektriese voertuie inkom. Mense wat reeds elektriese voertuie ry, sukkel nie met brandstofpryse nie.”

Earnest Dada
As a motorist, what are your thoughts about the hike in fuel prices and do you think it is justified?
“I think the hike in fuel prices is just so unexpected and a bit of a budgetary inconvenience, to say the least. My opinion is that the rationale behind the fuel price hike is reasonable from a business point of view, but it still inconveniences the consumer none-the-less.”
Do you think enough has been done to help people cope with rising fuel costs?
“I honestly don’t know what could have been done to stop this, and I don’t think enough has been done.”
Will this affect your daily life in any way; if so, how will you adjust?
“It will definitely affect my daily life, because I drive family members to work, creché and from home to the shopping centre. I will have to reconsider the frequency of trips and routes as well, opting for shorter ones instead.”
What message would you like to tell our leaders about fuel prices?
“It requires agility, fortitude and resourcefulness to overcome the challenge. Leaders have what it takes to see us through this tough economic season.”

Felicia Adams
Wat is jou denke oor die brandstof- prysverhoging?:
“Ons staar ‘n ramp in die gesig. Mense moet in ag neem as die brandstofprys styg, is dit nie net jou tenk wat daaronder lei nie – kospryse skiet outomaties die hoogte in. Klein leerder-vervoer-
operateurs soos ek trek swaar en gemeenskappe gebruik vervoermiddels oor die algemeen. Vervoerdienste se pryse sal styg en die gemeenskap trek al klaar swaar, maar die einste vervoerdienste het ook huisgesinne om te voer. Geen ondersteuning deur die regering word in hierdie tyd ontvang nie.”
Hoe raak hierdie styging jou lewe?
“Ek het al op vervoer begin sny. Ek kan nie my pryse laat styg nie, want mense se salarisse is laag. Ek moet dus iewers begin kyk na alternatiewe om die besigheid aan die gang te hou.”
Wat is jou boodskap aan leiers?
“Erken dat stygende brandstofpryse voedsel en vervoerkoste opjaag, wat inflasie aanvuur en armoede verhoog. Ontwikkel volhoubare oplossings vir energie-onafhanklikheid om die uitwerking van die wêreldwye skokke te versag. Ons staar werklik ‘n ramp in die gesig as die regering nie vinnig genoeg kan inspring nie.”







You must be logged in to post a comment.