‘Mr Biggs’ onthou vir diens:

◘ Ek onthou nog goed toe Mr Biggs destyds vanaf die Strand in Vredenburg aangekom het. Ek was toe sowat 16 of 17 jaar oud. Dit was altyd ‘n aangename ervaring om ‘n barbier te ontmoet wat so gemaklik met mense kon gesels en terselfdertyd sy werk met soveel vaardigheid en trots kon doen. Rus sag, my goeie ou vriend. Jy sal inderdaad deur baie mense gemis word. My innige meegevoel en diepe simpatie gaan aan sy familie, vriende en die talle klante wie se lewens hy oor die jare aangeraak het. Mag sy nagedagtenis vir altyd voortleef in die harte van almal wat hom geken het. – Johan Lewin

Rest in Power, Mr Biggs. – Jason Malgas

◘ My heel eerste barber in die Weskus in 1992! – Alberto Steenkamp

◘ Rest in peace and condolences to the family. – Lisinda Waterboer

Winkelsentrum in St.Helenabaai:

◘ Nee, assblief nie. Ons dorpie is klaar so klein en ‘n shopping mall gaan dinge nog slegter maak, meer verkeerde mense trek, asook meer verkeer. Trokke op die pad is al klaar ‘n probleem. Nou wat nog te praat van motors. Maak ‘n dag daarvan en ry Vredenburg toe vir jou shopping, dis wat ons al vir jare doen en dis beter as om die dorp nog meer besig te maak. Dan praat ek nie eers van wie gaan die werk kry daar nie? Seker nog mense invoer van ander plekke en dan weer vir hulle huise bou, waar daar klaar baie wag vir huise, al vir hoeveel jaar!!! Waar teken ons [mense van St. Helenabaai] om dit teë te staan? – Wilmien van Wyk

◘ Ons benodig ‘n plek vir kinders, speelareas, soos bv. tenpin bowling, skaakborde, snoekertafels, action cricket, tafeltennis. Hier is niks binnemuurse aktiwiteite vir ons kinders nie. – Senobia Jassen

◘ Ons was ou Weskussers van Vredenburg en Saldanha. Bou julle sentrum, dit sal baie mense werk gee. Die Weskus kort dit. Maar bou ook ‘n mediese sentrum. – Koos Germishuys

◘ Before anything gets built, can our water and electricity supply systems get sorted out please. We also need a high school. – Carol du Toit

*Lesers word uitgenooi om op ‘n respekvolle, nie-rassistiese wyse op ons Facebookblad kommentaar te lewer.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 25 June 2026
    Weslander E-Edition – 25 June 2026

Gift this article