Barend Verster mik sekuur tydens die Wêreldkampioenskap in jaggeweerskiet, waar hy die ope-klas-veteraanwêreldtitel verower het.

Weskus-skut wen goud

Barend Verster mik sekuur tydens die Wêreldkampioenskap in jaggeweerskiet, waar hy die ope-klas-veteraanwêreldtitel verower het.

Barend Verster van Jacobsbaai het is as wêreldkampioen gekroon en het die goue medalje in die veteraankategorie van die ope klas by die vyfde Wêreldkampioenskap in jaggeweerskiet verower.

Die kampioenskap is by die Louvain-gasteplaas in die Oos-Kaap aangebied, waar skuts van Suid-Afrika, Namibië en die Tsjeggiese Republiek meegeding het. Die Weskus-distrik se Jaggeweer-skietvereniging is by die byeenkoms deur Barend Verster, Sanet Verster, Wouter Basson en Stephan Esterhuizen verteenwoordig.

Verster se wêreldtitel in die ope-klas-veteraankategorie was die hoogtepunt vir die Weskusspan en beklemtoon die hoë gehalte van skuts uit die streek op die internasionale verhoog.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 July 2026
    Weslander E-Edition – 30 July 2026

Gift this article