Skuts is (voor van links) Anita Butler en Yvandré du Plessis. Agter staan Vaughan Staples, Louis Butler, Steve Minnie, Hennie Landman en Barend Verster. Foto’s Alida Buckle

Jagters en sportskuts mik hoog by Patriot Weskus-kampioenskappe

Skuts is (voor van links) Anita Butler en Yvandré du Plessis. Agter staan Vaughan Staples, Louis Butler, Steve Minnie, Hennie Landman en Barend Verster. Foto’s Alida Buckle

YZERFONTEIN – Jagters en sport-skuts van oor Suid-Afrika heen het die naweek van 28 en 29 Augustus in die Weskus saamgetrek vir die Suid-Afrikaanse Skietvereniging se Patriot Weskus-kampioenskappe.

Die kampioenskappe is deur die SAJSV in samewerking met die Weskus-distrik aangebied en het op die Swartbergsvlei-plaas plaasgevind. Die tweedaagse kompetisie het verskeie skietdissiplines ingesluit, met deelnemers wat hul vaardigheid en akkuraatheid getoets het.

Steven Minnie lê aan en korrel by die Patriot Weskus-kampioenskappe by Swartbergsvlei.
Steven Minnie lê aan en korrel by die Patriot Weskus-kampioenskappe by Swartbergsvlei.

Die SAJSV .223-kampioenskap en SAJSV .22LR/PCP-kampioenskap het Vrydag plaasgevind, terwyl die SAJSV Patriot Weskus Ope Saterdag die naweek se hoofkompetisie was.

Die geleentheid het skuts van verskeie dele van die land na die Weskus gelok en die streek die geleentheid gebied om hom as ‘n bestemming vir sportskietkompetisies te posisioneer.

Die Weskus-distrik se aanbieding van die kampioenskappe dra by tot die groeiende belangstelling in sportskietaktiwiteite in die streek.

Patriot Weskus-kampioenskappe by Swartbergsvlei.
Patriot Weskus-kampioenskappe by Swartbergsvlei.

Blaai gerus deur die fotogalery. Foto’s deur Alida Buckle.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 3 September 2026
    Weslander E-Edition – 3 September 2026

Gift this article