Die Wes- en Oos-Kaapse polisierugbyspanne meet kragte in die eindstryd van die 2026- nasionale polisierugby-kampioenskap. Foto: Noluvu Ludidi

Wes-Kaapse polisie wen

Die Wes- en Oos-Kaapse polisierugbyspanne meet kragte in die eindstryd van die 2026- nasionale polisierugby-kampioenskap. Foto: Noluvu Ludidi

Die Saldanha-sportstadion was verlede week die trotse gasheer van die Suid-Afrikaanse polisiediens se nasionale rugbykampioenskap. Daarby het die Wes-Kaapse polisierugbyspan op eie bodem die nasionale titel beklink.

Die kampioenskap, wat van Maandag 27 Julie tot Vrydag 31 Julie plaasgevind het, het sowat 350 spelers en amptenare van al nege provinsies asook die polisiehoofkantoor, na die Weskus gelok.

Die vyfdaagse toernooi is deur die polisie se nasionale rugbyfederasie aangebied. Die gasheerspan het in die eindstryd van die Mans A-afdeling ‘n indrukwekkende vertoning gelewer en die Oos-Kaap met 58-24 geklop. Hoewel die span by tye minder spelers op die veld gehad het, het die Wes-Kapenaars die kampioenskap met uitstekende spanwerk en aanvallende rugby beklink.

Daar was ook rede vir feesviering in die Vroue-B-afdeling, waar die Westelike Provinsie die Vrystaat met 48-0 oorrompel het om die titel te verower.

Die polisie het sy waardering uitgespreek teenoor al die spelers, afrigters, spanbestuurders, skeidsregters, organiseerders en vrywilligers wat die kampioenskap moontlik gemaak het.

Volgens die organisasie het die toernooi die hoë standaard van polisierugby beklemtoon en die waardes van span- werk, dissipline en respek uitgeleef.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 6 August 2026
    Weslander E-Edition – 6 August 2026

Gift this article