Cubs Karate van Velddrif se medaljewenners by die Winter Warriors-kompetisie saam met sesnsei Lehan Brand.

Groot sukses vir Cubs Karate

Cubs Karate van Velddrif se medaljewenners by die Winter Warriors-kompetisie saam met sesnsei Lehan Brand.

Cubs Karate van Velddrif het op Saterdag 25 Julie sy heel eerste Winter Warriors-kompetisie met groot sukses aangebied.

Karatekas van dojo’s in Velddrif, Langebaan en Piketberg het aan die geleentheid deelgeneem, en die dag is gebruik om deelnemers waardevolle wedstrydervaring te gee, terwyl die kernwaardes van karate beklemtoon is.

Volgens die organiseerders was die doel van die kompetisie om vaardighede op die mat te toets en om die beginsels van die Dojo Kun in praktyk uit te leef. Hierdie beginsels sluit in die strewe na karaktervolmaaktheid, getrouheid, volharding, respek vir ander en die weerhouding van gewelddadige gedrag.

Die Winter Warriors-kompetisie het deelnemers die geleentheid gebied om in ‘n positiewe en ondersteunende omgewing teen mekaar mee te ding, terwyl sportmangees, dissipline en wedersydse respek bevorder is.

Die organiseerders hoop die geleent­heid sal ‘n jaarlikse instelling word en in die toekoms nog meer dojo’s uit die streek lok.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 6 August 2026
    Weslander E-Edition – 6 August 2026

Gift this article