Die SAPS-veerpyltjiespan van die Wes-Kaap wat aan die 2026 Corporate Darts-kampioenskap in Gauteng deelgeneem het.
Die SAPS-veerpyltjiespan van die Wes-Kaap wat aan die 2026 Corporate Darts-kampioenskap in Gauteng deelgeneem het. Hulle (voor van links) kapt. H. Padayachee, AO J. Van Staden, kapt. J.A. Vance, kol. C. Homan. Agter staan genl.maj. M. Dawries, AO B. van Staden, AO J. Roestof, AO A.A. Kleynhans, konst. W. Abahams en kol. R. Jugwanth.

Wes-Kaapse polisieveerpyltjiespan blink uit in Gauteng

Die SAPS-veerpyltjiespan van die Wes-Kaap wat aan die 2026 Corporate Darts-kampioenskap in Gauteng deelgeneem het.
Die SAPS-veerpyltjiespan van die Wes-Kaap wat aan die 2026 Corporate Darts-kampioenskap in Gauteng deelgeneem het. Hulle (voor van links) kapt. H. Padayachee, AO J. Van Staden, kapt. J.A. Vance, kol. C. Homan. Agter staan genl.maj. M. Dawries, AO B. van Staden, AO J. Roestof, AO A.A. Kleynhans, konst. W. Abahams en kol. R. Jugwanth.

GERMISTON – Die Suid-Afrikaanse Polisie se veerpyltjiespan van die Wes-Kaap het tydens die 2026 Korporatiewe Veerpyltjiekampioenskap (Corporate Darts Championships) in die Dinwiddie-sportkompleks verskeie titels ingepalm.

Die kampioenskap is van 14 tot 18 September aangebied, met spelers van regoor die land wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Die Wes-Kaapse span het die spanbyeenkoms gewen, terwyl spelers ook die enkelspel-, dubbelspel-, meestersenkelspel- en meestersdubbelspeltitels verower het.

Die span het sy prestasies opgedra aan die spelers en almal wat agter die skerms gehelp het om hul deelname moontlik te maak.

Volgens kapt. Tania Helfrich, polisiewoordvoerder, verg deelname aan sport binne die werksure as polisiebeamptes, toewyding, finansiële ondersteuning en deeglike logistieke beplanning.

Die span het daarom hul waardering uitgespreek teenoor die polisie se nasionale hoofkantoor vir sport, die Wes-Kaapse provinsiale hoofkantoor, bevelvoerders, finansiële personeel en kollegas vir hul ondersteuning.

Familie en vriende is ook bedank vir hul ondersteuning tydens die spelers se oefening, reis en deelname aan kompetisies.

Die span beklemtoon dat veerpyltjies die geleentheid aan polisielede bied om spanwerk, dissipline, kameraderie en veerkragtigheid te ontwikkel, terwyl dit ook tot ’n gesonder en meer gebalanseerde leefstyl kan bydra.

Die Gauteng-kampioenskap het boonop vir verskeie spelers nuwe geleenthede gebied. Drie Wes-Kaapse Polisie-veerpyltjiespelers, kol. C. Homan, AO J. Van Stade en konst. W. Abahams, is vir die Korporatiewe Veerpyltjiespan gekies wat in April 2027 na Namibië sal reis.

Polisielede met gestremdhede het ook tydens die toernooi sukses behaal. Van die spelers is vir die nasionale veerpyltjiespan gekies wat Suid-Afrika in Oktober 2026 in België sal verteenwoordig.

Die Wes-Kaapse span se aandag verskuif nou na die Nasionale Polisie Veerpyltjieskampioenskap, wat van 5 tot 9 Oktober in die Wes-Kaap aangebied word.

Spelers van regoor Suid-Afrika sal vir die kampioenskap byeenkom.

Die organiseerders sien daarna uit om nie net die talent binne die polisie ten toon te stel nie, maar ook die kameraadskap en eenheid wat deur sport tussen lede van verskillende stasies, eenhede en provinsies geskep word.

Die span moedig ander polisielede aan om by sport betrokke te raak.

Volgens hulle kan deelname aan sport nuwe vriendskappe en geleenthede skep, met spelers wat uiteindelik hul stasie, provinsie of selfs Suid-Afrika kan verteenwoordig.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 17 September 2026
    Weslander E-Edition – 17 September 2026

Gift this article