Die toneel langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg waar die liggaam van 'n man ontdek is.
Die toneel langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg waar die liggaam van ‘n man ontdek is.

Polisie soek antwoorde ná vonds van gebrande liggaam

Die toneel langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg waar die liggaam van 'n man ontdek is.
Die toneel langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg waar die liggaam van ‘n man ontdek is.

VREDENBURG – Die liggaam van ‘n man is vanoggend langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg gevind.

Kapt. Tania Helfrich, distrikswoordvoerder vir die Weskus-polisie, het aan Weslander bevestig dat die liggaam gebrand is.

Die identiteit van die oorledene is nog onbekend, en die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval.

Die toneel langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg waar die liggaam van 'n man ontdek is.
Die toneel langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg waar die liggaam van ‘n man ontdek is.

Volgens Helfrich is dit die enigste inligting wat die polisie op hierdie stadium kan bekend maak.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak of enige relevante inligting met die polisie te deel.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 July 2026
    Weslander E-Edition – 30 July 2026

Gift this article