VREDENBURG – Die polisie ondersoek die omstandighede nadat die verbrande liggaam van ‘n man op Sondag 2 Augustus langs die nuwe Louwville-pad in Vredenburg gevind is.
Volgens kapt. Tania Helfrich, distriks- woordvoerder vir die Weskus-polisie, is die identiteit van die oorledene nog onbekend.
‘n Geregtelike doodsondersoek is aan die gang om die identiteit van die man vas te stel en die omstandighede rondom sy dood te bepaal.
Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, word versoek om die Vredenburg-polisie by 022 703 6440 of 022 703 6453 te skakel.




