Verskeie rolspelers het hande gevat om die Yeboneer-uitstalling ‘n sukses te maak. Van links is Luanca Engelbrecht (Hoopsig-koördineerder), Mathilda Kondile (Mfesane-­mentor), Yolandi Africa (uitvoerende hoof, Mfesane NPC), Lionel Summers (gemeenskapsontwikkeling), Alrika Hefers (Hoopsig-bestuurder), Marina Marco (gemeenskapsontwikkeling) en Abigail van Hooi (Hoopsig-mentor). FOTO: Danie Hefers

Uitstalling help jonges met loopbane

Verskeie rolspelers het hande gevat om die Yeboneer-uitstalling ‘n sukses te maak. Van links is Luanca Engelbrecht (Hoopsig-koördineerder), Mathilda Kondile (Mfesane-­mentor), Yolandi Africa (uitvoerende hoof, Mfesane NPC), Lionel Summers (gemeenskapsontwikkeling), Alrika Hefers (Hoopsig-bestuurder), Marina Marco (gemeenskapsontwikkeling) en Abigail van Hooi (Hoopsig-mentor). FOTO: Danie Hefers

PATERNOSTER – Yeboneers in die Weskus het Dinsdag (27 Oktober) tydens ‘n spesiale loopbaanuitstalling in die dorp, ‘n gulde geleentheid gehad om met verskeie ­belanghebbendes, organisasies en instellings kontak te maak en oor moontlike geleenthede vir verdere studies, vaardigheidsontwikkeling en loopbaanvoorligting te gesels.

Dié jaarlikse saamtrek is in die Paternoster-gemeenskapsaal gehou en is deur ‘n bekende plaaslike nie-regeringsorganisasie, Hoopsig, in samewerking met Mfesane van Vredenburg en die YearBeyondprogram gereël.

Verskeie sakeondernemings, regeringsverteenwoordigers en staatsdepartemente het stalletjies gehad waar die groep van sowat 50 Yeboneers waardevolle en bruikbare inligting kon bekom.

Sowat 50 Yeboneers het die loopbaanuitstalling in Paternoster bygewoon.
Sowat 50 Yeboneers het die loopbaanuitstalling in Paternoster bygewoon.

Die doel van die loopbaanuitstalling was om ‘n betekenisvolle platform te skep, wat jongmense help om ingeligte keuses vir ‘n beter toekoms te maak.

YearBeyond is ‘n jeugdiensvennootskap tussen die openbare sektor, skenkers en talle organisasies sonder winsoogmerk.

Volgens Luanca ­Engelbrecht, die Paternoster- ­projekkoördineerder, is dié inisiatief deel van die Yearbeyond-­program se ontwikkelings- en vorderingspad.

“Dit neem die deelnemers se ervarings, belangstellings en ontwikkeling in ag en dien as ‘n waardevolle motiveringsgeleent­heid. Ons glo dat ons, deur verskillende belanghebbendes byeen te bring, waardevolle bande kan smee en ons Yeboneers aan geleenthede kan blootstel waartoe hulle andersins moontlik nie toegang sou hê nie. Ons doel is om vir elke Yeboneer ‘n betekenisvolle en waardevolle ervaring te skep deur bande te bou, deure oop te maak en jongmense aan moontlikhede vir ‘n beter toekoms bekend te stel.”

YearBeyond-mentors, soos Abi­gail van Hooi (Hoopsig NPO) en Mathilda Kondile (Mfesane NPC), speel ‘n belangrike en aktiewe rol in pogings om jongmense tussen 18 en 25 jaar van betekenisvolle werkservaring te voorsien en hulle ‘n geleentheid te bied om verdere studies te volg óf te werk, terwyl ‘n kultuur van aktiewe burgerskap en vrywilligerswerk terselfdertyd gekweek en bevor­der word.”

LEES OOK: Weskus-leerders kyk na toekoms

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 5 November 2026
    Weslander E-Edition – 5 October 2026

Gift this article