Rugbyspanne wat gaan deelneem: Samuel Greyling (Saldanha), Allister Nortje (Multisure Evergreens), Branden Hunter (Hawston), Donlic Natal (Gardens), Tshepo Marumule (Takealot), Daniel Temm (Vredenburg), Christiaan Zietsman (Hamiltons), Cain Stadler (SK Walmers) en Ashley Amon (Naka Bulls). Foto: Noluvu Ludidi

Groot opgewondenheid heers vir die lang verwagte Saldanha-Super 8-rugbytoernooi wat amptelik môre (Donderdag 2 April) afskop.

Dit duur tot Maandag 6 April en word by die Transnet-stadion in Saldanha beslis.

Deelnemende spanne sluit in die gasheerspan, die Saldanhabaai-rugbyklub, en spanne van Vredenburg, Hawston, SK Walmers, SP Hamiltons, Naka Bulls, Multisure Evergreens en Gardens.

Rugbyspanne wat gaan deelneem: Samuel Greyling (Saldanha), Allister Nortje (Multisure Evergreens), Branden Hunter (Hawston), Donlic Natal (Gardens), Tshepo Marumule (Takealot), Daniel Temm (Vredenburg), Christiaan Zietsman (Hamiltons), Cain Stadler (SK Walmers) en Ashley Amon (Naka Bulls). Foto: Noluvu Ludidi

Tydens die bekendstelling het die loting bepaal dat Saldanhabaai in die eerste ronde teen Multisure Evergreens kragte gaan meet, en Vredenburg teen SP Hamiltons, Gardens teen Hawston en SK Walmers teen Naka Bulls.

Ronde een begin Donderdag 2 April om 16:00 met Naka Bulls teen SK Walmers; SP Hamiltons speel om 17:40 teen Vredenburg, Gardens om 19:40 teen Hawston en die laaste wedstryd begin om 21:20 met Saldanha teen Multisure Evergreens.

Vredenburg teen SP Hamiltons.

Bertram Vraagom, toernooidirekteur, sê die 2026 toernooi belowe om die mededingendste toernooi ooit te wees. “Die driemalige gouebeker-kampioene, Naka Bulle, as deel van die toernooi en Hamiltons as verdedigende kampioen bring uitstekende gehalte. Die naweek beloof uitstekende rugby en daar is 25 stalletjies wat net die beste sal voorsit.”

SuperSport wat die wedstryde gaan uitsaai, meen Vraagom, is ‘n massiewe stap vorentoe vir die Saldanha-Super 8. “Om ons toernooi regstreeks op SuperSport te vertoon, is nie net ‘n eer nie, maar ook ‘n bewys van die groei, gehalte en passie van rugby in ons streek. Dit gee ons spelers ‘n platform wat hulle verdien en werp ‘n nasionale kollig op ons gemeenskappe. Vir baie van ons spelers is dit ‘n droom wat waar geword het en ‘n geleentheid om op ‘n verhoog te presteer waarna hulle nog altyd gestreef het.”

Kaartjies kos R40 per volwassene per dag, R20 vir kinders van 7-13 jaar, R20 vir pensioentrekers met ID en R10 vir parkering. ‘n Naweekkaartjie kos R100.

Gaskunstenaars sal optree en kosstalletjies en selfs ‘n biertuin sal beskikbaar wees en natuurlik uitstekende rugbywedstryde.

Koop jou kaartjie by braventure.weticket.co.za en maak seker jy is al vroeg daar.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 21 May 2026
    Weslander E-Edition – 21 May 2026

Gift this article