Sportliefhebbers en veral ons plaaslike gholfspelers moet kennis neem dat Weslander se sportuitslae voortaan op weslander.co.za gepubliseer sal word.
Die skuif beteken dat sportuitslae makliker en vinniger aan ons lesers beskikbaar gestel kan word. Ons weet hoe belangrik dit vir sportklubs, spelers, afrigters en ondersteuners is om hul uitslae met die gemeenskap te deel.
Uitslae sal voortaan op die webblad onder die Sport-oortjie verskyn. Ons moedig dus gholfklubs en ander sportorganisasies aan om steeds hul uitslae aan Weslander te stuur sodat ons dit aanlyn kan publiseer.
Lesers moet ook uitkyk vir ons Events-oortjie op weslander.co.za. Hier sal alles wat in die streek gebeur van gemeenskapsgeleenthede en sport tot feeste, markte en ander aktiwiteite adverteer word. Besoek dus gereeld weslander.co.za vir die jongste sportuitslae, nuus en gebeure in jou omgewing.




