Die Siyabonga Care Village het vroue onlangs tydens by ‘n spesiale “Celebrate Me”-geleentheid bymekaargebring om vrouwees, asook die krag, moed en veerkragtigheid van vroue te vier.
Die oggend was gevul met musiek, dans, sang, lag en samesyn, maar daar was ook ruimte vir opregte gesprekke oor dieper kwessies wat die meeste vroue raak.
Een van die hoogtepunte was die optrede van Andriëtte Norman, wat met haar pragtige stem en ‘n eerlike en aangrypende boodskap oor vrouegesondheid die gehoor diep geraak het.

Sy het die gehoor op hul voete gehad en volgens die organiseerders ‘n onvergeetlike bydrae tot die dag gelewer.
Die Siyabonga Care Village-span het ook hul dank uitgespreek teenoor Norman se klankspan, asook elke borg, skenker, sake-onderneming, instansie en individu wat gehelp het om die geleent- heid moontlik te maak.

“Dankie aan elke gas wat ‘n kaartjie gekoop en saam met ons kom vier het,” het die organiseerders gesê.
Spesiale waardering is ook uitgespreek teenoor die Siyabonga-span, wat agter die skerms gehelp het om die saal gereed te kry, gaste te bedien en ná die geleent- heid op te ruim.
Volgens die organiseerders was dit ‘n dag waarop vroue se stories, krag en veerkragtigheid gevier is.




