Hiendrina Garcia, Elouise Roode, Chrisna du Plessis en Liz Roe. Agter: Lizette Jansen. Foto: Noluvu Ludidi

Siyabonga vier 21 jaar

Hiendrina Garcia, Elouise Roode, Chrisna du Plessis en Liz Roe. Agter: Lizette Jansen. Foto: Noluvu Ludidi

Dit was ‘n dag van viering, dankbaarheid en kosbare ­herinneringe toe Siyabonga Care Village onlangs sy 21ste bestaansjaar gevier het.

Dié mylpaal is verlede Donderdag (3 September) by Soverby Lapa in Dwarskersbos gevier, waar sowat 150 gaste bymekaargekom het om die organisasie se 21 jaar diens te herdenk.

Chrisna du Plessis, die stigter van Siyabonga, het almal bedank wat oor die afgelope 21 jaar saam met haar en die organisasie gestap het. Sy het ook herinneringe uit die organisasie se reis gedeel, wat haar steeds ná al die jare na aan die hart lê.

Die geleentheid is verder gevul met getuienisse van personeel en verskeie rolspelers wat oor die jare deel van Siyabonga se verhaal geword het.

Siyabonga Care Village vier 21 jaar.
Charlton Nieuwoudt, Natachia Williams, Felicity Koopman, Willida Pieters, Gereldo Pieters, Jolene Klaase, Nazli etersen en Twoboy Rasmeni.

Volgens Trish Goosen, bemarker van Siyabonga Care Village, was die viering ‘n huldeblyk aan veral die personeel wat deur die jare ‘n onmisbare rol in die organisasie se groei en ontwikkeling gespeel het.

Sy het ook haar dankbaarheid uitgespreek teenoor die talle vennote wat Siyabonga oor die afgelope 21 jaar ondersteun het. Dit sluit verteenwoordigers van die regering, sakeondernemings, skole, kerke en die private sektor in. “Dankie dat julle deel is van die Siyabonga-verhaal,” het sy gesê.

Vir Goosen is daar ook ‘n sterk geloofselement aan die organisasie se reis. “Bo alles – alle eer aan God vir Sy getrouheid oor die afgelope 21 jaar. Ons is diep dankbaar vir hoe ver Hy Siyabonga gebring het en ons betree die volgende hoofstuk met geloof en verwagting.”

Met 21 jaar agter die rug is die boodskap van Siyabonga duidelik: Die reis is nog lank nie verby nie. “21 jaar is agter ons, maarons glo die beste lê nog voor,” het Goosen bygevoeg.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article