Engelvis met ‘n sojasous en sitrus is ‘n wenner vir jou braai. Foto: Lekker Weskus

Engelvis is een van die mees onderskatte en goedkoopste visse vir die braai. Ja, dit is nie altyd maklik om vars in die hande te kry nie, maar as jy wel op een afkom, gaan jy verseker nie spyt wees nie. Probeer hierdie resep deur Lekker Weskus.

Bestanddele:

1 knoffeltoontjie;

1 klein knol vars gemmer;

1 teelepel gedroogte brandrissievlokkies;

1 teelepel pienk peperkorrels (of gewone swartpeper);

2 eetlepels sojasous;

‘n gesonde skep heuning;

sap van ‘n halwe naartjie (of lemoen).

Metode:

Marinade vir vis:

1. Rasper die knoffel en gemmer fyn.

2. Meng dit in ‘n klein potjie of vuurvaste pan saam met die brandrissie, peper, sojasous, heuning en naartjiesap.

3. Laat prut oor die kole vir ±5 minute totdat dit effens verdik.

4. Smeer die warm marinade mildelik oor die vis.

Braai die vis:

5. Plaas die vis met die velkant na onder oor warm kole. Braai vir 3 tot 5 minute. Moet jou nie steur as die vel bietjie swart brand nie – dis nie bedoel om geëet te word nie.

6. Draai die vis om en braai die vleiskant vir sowat 2 tot 3 minute.

Afronding:

7. Verf die vis nog een keer met mari- nade en druk dan die sap van ‘n halwe lemmetjie oor, net voor opdiening.

•Bron: lekkerweskus.co.za

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article