Probeer hierdie heerlike Turkse hoendersosatie-resep deur Lekker Weskus.

Bestanddele

• 1 kg ontbeende hoenderdyfilette (in 3-4 cm blokkies gesny; dy bly sappiger as bors)

• 3 eetlepels dik ongegeurde jogurt

• 3 eetlepels olyfolie

• 3 knoffelhuisies (fyngekap)

• sap van 1 suurlemoen

• 1 teelepel komyn

• 1 teelepel gerookte paprika (of soet paprika)

• halwe teelepel koljander

• halwe teelepel rooi rissie-vlokkies

• 1 teelepel sout

• halwe teelepel swartpeper

Metode

Maak die marinade:

1. Meng die jogurt, olyfolie, knoffel, suurlemoensap en speserye in ‘n bak.

Marineer die hoender:

2. Voeg die hoenderblokkies by en meng tot alles mooi bedek is.

3. Bedek die bak en verkoel vir minstens vier ure (oornag is die lekkerste).

Ryg en braai:

4. Ryg die hoender op sosatiestokkies.

5. Braai oor medium-warm kole (of in ‘n warm braaipan) tot liggies verkool aan die buitekant, ongeveer 10 tot 12 minute. Draai gereeld.

• Bedien op ‘n platbrood met gekapte tamatie en komkommer. Bedrup met tahini en ‘n bietjie rissie-olie vir ekstra geur.

• Bron: lekkerweskus.co.za/braaivleis/turkse-hoender-sosaties

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 30 April 2026
    Weslander E-Edition – 30 April 2026

Gift this article