Hierdie week bring Lekker Weskus vir jou ’n heerlike perlemoenpastagereg wat die vars geure van die see kombineer met romerige tuisgemaakte pasta. Perfek vir ’n spesiale ete en beslis een om die gesin mee te bederf.
Bestanddele
Vir die vulsel
4 medium perlemoen, skoongemaak en sag gekap (baie fyn gemaal)
1 klein rooi rissie, sade verwyder en fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
sout en witpeper, na smaak
klein handjievol vinkeldoppe (vinkelblare), fyngekap
Vir die pasta
2 koppies koekmeel
3 groot eiers
1 teelepel olyfolie
knippie sout
Vir die sous
1 sjalot, fyngekap
1 knoffeltoontjie, fyn gerasper
2 eetlepels botter
100 ml droë witwyn
250 ml vars room
sout en peper, na smaak
Metode
- Meng die meel en sout op ’n skoon oppervlak.
- Maak ’n holte in die middel en voeg die eiers en olyfolie by.
- Klits met ’n vurk en werk die meel stadig in tot dit ’n deeg vorm.
- Knie 8–10 minute tot glad en elasties. Bedek en laat rus vir minstens 30 minute.
- Soteer die fyngekapte perlemoen en rissie liggies in ’n bietjie botter vir 1–2 minute (net tot sag).
- Geur met sout, peper en dille.
- Laat heeltemal afkoel voordat jy die ravioli vorm.
- Rol die pastadeeg dun uit (met ’n masjien of deegroller).
- Plaas klein hopies vulsel op een vel deeg, met genoeg spasie tussenin.
- Verf die deeg liggies met water rondom die vulsel.
- Plaas ’n tweede vel deeg bo-oor en druk die rande mooi vas. Maak seker daar is geen lug om die vulsel nie.
- Sny in vierkante of ronde ravioli.
- Bring ’n groot pot gesoute water tot kookpunt.
- Kook die ravioli 2–3 minute tot hulle begin dryf.
- Smelt die botter in ’n pan oor medium hitte.
- Voeg sjalot en knoffel by en soteer tot sag en geurig.
- Gooi die witwyn in om te “deglaze” en laat 2–3 minute prut tot die wyn ongeveer halfpad weggekook het.
- Voeg die room by en laat dit stadig verdik oor lae hitte.
- Geur met sout en peper.
- Skep die warm ravioli uit, rangskik op borde en skep die sous oor.
- Rond af met vars dille.
Bron: Lekker Weskus.





