Bederf met smaaklike eenskottel-hoender.

RESEP | Steel dié winter harte met lekker eenskottel-hoender


Hierdie eenvoudige eenskottel-hoenderresep is gerieflik en maklik om aan mekaar te slaan.

Volg die resep hier:

Bestanddele:

8 hoenderdye

1 rooi ui in ringe gesny

1 tamatie in ringe gesny

olyfolie

sout en peper

500  ml Basmati-rys (was en dreineer die rys)

2 knoffelhuisies fyn gekap

4 x 250 ml kookwater

5  ml paprika

15  ml Baharat (Midde-Oosterse speserymengsel)

30  ml dadelstroop of heuning

50  ml tamatiepasta

gekapte pietersielie vir afronding

Metode:

1. Stel die oond op 180°C.

2. Gooi 10  ml growwe sout op die bodem van jou pan.

3. Bedruip die pan met ‘n dun lagie olyfolie.

4. Pak die gesnyde rooiui en tamatie op die olyfolie.

5. Skep die gedreineerde rys op die laag tamatieskywe en uie.

6. Pak die hoender op die rys.

7. Sout en peper na smaak.

Nou die sous:

8. Meng die paprika, Baharat, dadelstroop, tamatiepasta, fyn knoffel en 125 ml olyfolie saam.

9. Roer nou jou kookwater by en meng goed.

10. Skep lepels sous oor die hoender.

11. Maak bakpapier nat en maak die hoender toe met die nat bakpapier en dan met foelie sodat dit lekker kan stoom.

12. Ná 90 minute maak jy dit oop en laat die hoender in die oond verbruin.

13. Rond af met gekapte pietersielie.

◘ Bron: marindakook.co.za/eenskottel-hoender/

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 2 July 2026
    Weslander E-Edition – 2 June 2026

Gift this article