Klassieke motorfietsentoesiaste moenie die mark misloop nie. Foto: Wiser by the Mile | Unsplash
Klassieke motorfietsentoesiaste moenie die mark misloop nie. Foto: Wiser by the Mile | Unsplash

Raar motorfietse te sien

Klassieke motorfietsentoesiaste moenie die mark misloop nie. Foto: Wiser by the Mile | Unsplash
Klassieke motorfietsentoesiaste moenie die mark misloop nie. Foto: Wiser by the Mile | Unsplash

ST HELENABAAI – Die gedreun van klassiekemotorfiets-enjins en die glans van gepoleerde chroom sal Saterdag 28 November in St Helenabaai te sien wees wanneer die Classic Adventures Market by De Palm Lifestyle Centre aangebied word.

Die mark bied aan eienaars van veteraanmotorfietse die geleentheid om hul besonderse tweewielers uit te stal en hul liefde vir hierdie stukke motorfietsgeskiedenis met ander entoesiaste te deel.

Of dit nou ‘n sorgvuldig gerestoureerde klassieke motorfiets of ‘n ou gunsteling met ‘n interessante geskiedenis is, die organiseerders nooi eienaars om hul motorfietse saam te bring en deel van die dag se bedrywighede te word.

Die doel is om motorfietsliefhebbers, plaaslike versamelaars en belangstellendes bymekaar te bring om die vakmanskap, geskiedenis en tydlose aantrekkingskrag van hierdie klassieke motorfietse te vier.

Daar sal ‘n spesiale uitstalruimte vir veteraanmotorfietse wees.

Besoekers kan ook uitsien na kos, plaaslike stalletjies en ‘n gesinsvriendelike atmosfeer. Die mark vind van 09:00 tot 14:00 by De Palm Lifestyle Centre, Shearwaterstraat 6, St Helenabaai, plaas.

Daar is ook nog ‘n beperkte aantal stalletjies vir uitstallers beskikbaar.Motorfietseienaars wat hul tweewielers wil uitstal, asook belangstellendes wat ‘n stalletjie wil bespreek, kan Anita per WhatsApp by 066 062 3739 kontak.

LEES OOK: Veteraantrekker vat skou-kroon

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 12 November 2026
    Weslander E-Edition – 12 November 2026

Gift this article