Bo is van Panorama Primêr se Grondslagfase-leerders: Adrihana Coetzee (goud), Leehandra Pieters (goud), Raquel Bester (goud), Alucious Olivier (goud), Akeelah Constant (cum laude) en Reeva Alexander (goud).

Pannies blink by Eisteddfod

Bo is van Panorama Primêr se Grondslagfase-leerders: Adrihana Coetzee (goud), Leehandra Pieters (goud), Raquel Bester (goud), Alucious Olivier (goud), Akeelah Constant (cum laude) en Reeva Alexander (goud).

Panorama Primêr se Grondslagfase-leer­ders het onlangs met hul deelname aan die Wes-Bolandse Eisteddfod besonder goed presteer en die skool met trots gevul.

Volgens die skool het die leerders se harde werk, talent en toewyding behoorlik vrugte afgewerp.

Die jong deelnemers het ‘n indrukwekkende aantal toekennings behaal, waaronder:

• Vier Cum Laude-toekennings – 90%

• 10 goue toekennings – 80% en

• Vier silwer toekennings – 70%

“Ons Grondslagfase-leerders het ons harte behoorlik laat klop van trots!” het die skool gesê, elke leerder met hul prestasies gelukgewens en hul harde werk en toewyding geloof.

“Julle het gewys dat klein stemme groot dinge kan bereik.” het die skool gesê.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 August 2026
    Weslander E-Edition – 27 August 2026

Gift this article