Graad 12-leerders van Steynville Sekondêr wat moontlik vir ‘n baccalaureus-slaag in aanmerking kan kom, is onlangs deur Jeremy Zoutman gemotiveer en geïnspireer tydens ‘n spesiale sessie.

Zoutman het sy ervaring, kennis en wysheid met die leerders gedeel en hulle aangemoedig om hul volle potensiaal te bereik terwyl hulle hul matriekjaar aanpak.

Die skool het sy opregte waardering uitgespreek teenoor Zoutman vir sy tyd en bereidwilligheid om die leerders toe te spreek.

Volgens die skool het sy boodskap ‘n besondere impak op die leerders gemaak en hulle waardevolle perspektief gegee oor die belangrikheid van harde werk, toewyding en volharding op pad na hul toekomstige doelwitte.Steynville Sekondêr het Zoutman bedank vir die inspirasie en ‘n seënwens aan hom gerig vir sy pad vorentoe.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 27 August 2026
    Weslander E-Edition – 27 August 2026

Gift this article