Lede van die NRCS het winkels se goedere deursoek. Foto’s: Noluvu Ludidi

Onveilige goedere in Saldanha en Vredenburg afgevat


VREDENBURG – Duisende Suid-Afrikaanse verbruikers koop volgens die Nasionale Reguleerder vir Verpligte Spesifikasies (NRCS) onwetend produkte wat veiligheidsrisiko’s kan inhou omdat dit nie aan verpligte standaarde voldoen nie.

Om dié probleem hok te slaan, het die NRCS, ‘n entiteit van die departement van handel, nywerheid en mededinging, vandeesweek ‘n gesamentlike afdwingingsoptrede in die Wes-Kaap van stapel gestuur om substandaard- en onwettige goedere op te spoor en uit die mark te verwyder.

'n Verrassingsinspeksie is in Vredenburg deur polisie en NRCS uitgevoer.
‘n Verrassingsinspeksie is in Vredenburg deur polisie en NRCS uitgevoer.

As deel van die optrede het die NRCS, in samewerking met ander wetstoepassingsowerhede, tussen Dinsdag 7 en Donderdag 9 Julie verrassingsinspeksies by ondernemings in Saldanha en Vredenburg uitgevoer.

Die doel van die inspeksies was om onveilige produkte te identifiseer, dit uit die mark te verwyder en te verseker dat handelaars aan die verpligte spesifikasies wat ingestel is om verbruikers te beskerm, voldoen.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article