Die groep nuwe trou-offisiere saam met dr. Jan Skippers (voor). Middel: Apostel Willem George, apostel Evelon Maarman, pastoor Samantha Coraizen, pastoor Cathleen Vego en pastoor Thomas Lotz. Agter: Apostel Gerald Jacobs en profeet Viron Julies.

Nuwe trou-offisiere in V’burg ingehuldig

Die groep nuwe trou-offisiere saam met dr. Jan Skippers (voor). Middel: Apostel Willem George, apostel Evelon Maarman, pastoor Samantha Coraizen, pastoor Cathleen Vego en pastoor Thomas Lotz. Agter: Apostel Gerald Jacobs en profeet Viron Julies.

‘n Groep toegewyde apostels en pastore van onder meer Vredenburg het Saterdag 5 September ‘n belangrike mylpaal bereik toe hulle amptelik as trou-offisiere ingehul­dig is.

Die groep het onlangs die huweliksbeampte-kursus suksesvol voltooi nadat hulle opleiding en eksamens deur die Departement van Binnelandse Sake in Vredenburg, Atlantis en Malmesbury ondergaan het.

Hoewel die eksamen vir sommige deelnemers uitdagend was, het hulle volhard en die kursus suksesvol voltooi. Hul mentor, dr. Jan Skippers, het spesiaal van Kaap­stad af gereis om die nuwe trou-offisiere in Vredenburg in te huldig en hul prestasie te vier.

Skippers het gedurende die 2026-eksamen­proses altesaam 16 toekomstige trou-offisiere gementor en begelei.

Die inhuldiging is nie net ‘n erkenning van hul akademiese prestasie nie, maar ook van hul bereidwilligheid om ‘n belangrike diens aan die gemeenskap te lewer deur huwelike amptelik te voltrek.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 10 September 2026
    Weslander E-Edition – 10 September 2026

Gift this article