Dr. Eugene Moore voor die kospotte.

Meer as 1 000 maaltye vir Huis Wittekruin verkoop


‘n Groot poging van omgee en gemeenskapsbetrokkenheid het onlangs tot ‘n suksesvolle geldinsamelingsprojek ten bate van Huis Wittekruin gelei.

Dr. Eugene Moore en sy ­broer, Rian Moore, is al ongeveer 15 jaar by die maak en skenking van kos vir die projek betrokke. Hulle skenk al die bestanddele en doen die voorberei­ding uit hul eie.

Die span het vroegoggend al begin werk. Hulle het omstreeks 02:15 opgestaan en net ná 03:00 by die perseel aangekom.

Teen ongeveer 03:45 is die vure aangesteek, die potte gewas en die voorbereiding het begin.

Vir elke pot is die volgende gebruik:

37 kg vleis, 2 sakke aartappels, 1 sak uie en 10 kg botterskorsies met 10 kg gesnipperde wortels en 9 kg gevriesde ertjies.

Die uitskep van die kos het omstreeks 11:20 begin en teen 14:00 was die span klaar. Die projek was ‘n groot sukses met 1 041 bakkies kos verkoop.

Karin Delport, die bestuurder van Huis Wittekruin, het groot waardering uitgespreek vir dr. Eugene Moore en Rian Moore se jare lange ondersteuning en omgee. Hul bydrae maak ‘n wesenlike verskil in die gemeenskap.

“ ’n Spesiale woord van dank gaan ook aan al die vrywilligers wat gehelp het. Sonder hul ondersteuning sou dit nie moontlik gewees het om al die bakkies ge­reed te kry nie.

“Baie dankie ook aan al die onder­steuners wat gekoop en tot die sukses van die dag bygedra het,” het sy bygevoeg.

NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 25 June 2026
    Weslander E-Edition – 25 June 2026

Gift this article