Pearl van Vught doen haar Blikkies Pizzeria- kunswerk. Foto’s: Noluvu Ludidi

Leerders gee sentrum lewe


Leerders van die Hoërskool Vredenburg het hul kunstalent by die gemeenskapsgesinsfees by Stoneridge Centre in Vredenburg getoon.

Vol inspirasie en bewapen met kleure het die leerders die dromme reg om die sentrum nuwe lewe gegee.

Volgens Aneen Burger, ‘n onderwyseres by die skool, het die leerders dit baie geniet.

“Dit was vir die leerders ‘n wonderlike geleentheid. Een van hulle is selfs deur een van die winkeleienaars genader oor die moontlikheid van ‘n opvolgprojek – wat natuurlik baie opwindend is.

“Ons is opreg dankbaar teenoor die sentrum-eienaars, New Age Property Developments, asook Bullguard en Blikkie Pizzeria vir die geleentheid wat hulle aan ons skool se leerders gegee het om hul talente ten toon te stel.”

Burger voeg by dat sulke samewerkingsprojekte vir die leerders baie bete- ken, hulle waardevolle blootstelling gee en motiveer.

“Nogmaals baie dankie vir die ondersteuning en betrokkenheid. Ons sien uit na toekomstige geleenthede om weer saam te werk.”

Caley Dyers het die BulGuard Security-drom geverf.
Melandré Harmse by haar New Age-kunswerk.
NovaNews WhatsApp channel QR code

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Weslander E-Edition – 18 June 2026
    Weslander E-Edition – 18 June 2026

Gift this article